Uitdrukking: Al die henne op die werf

Argieffoto (Foto: giallopudding, Pixabay)

Argieffoto (Foto: giallopudding, Pixabay)

Taaltoffie stel ondersoek in oor ʼn paar idiome wat die woord “hen” bevat. Herken jy ‘n paar van dié henne onder jou kollegas of familielede..?

Uitdrukking: ʼn Eiewys hen lê die eier opsy.
Betekenis: Iemand wat nie na raad luister nie, begaan foute.

Uitdrukking: Die hennetjie wat eerste gekekkel het, het die eier gelê.
Betekenis: Die persoon wat eerste gepraat het, is skuldig.

Uitdrukking: Die hen/gans wat die goue eiers lê.
Betekenis: Die bron wat baie voordeel bring.

Uitdrukking: Die henne wat die meeste kekkel, lê nie die meeste eiers nie.
Betekenis: Dié wat die meeste praat, doen nie noodwendig die meeste nie.

Uitdrukking: ʼn Hen wat kraai word (die) nek omgedraai (en ʼn meisie wat fluit, word [by] die deur uitgesmyt).
Betekenis: ʼn Berisping aan meisies wat fluit.

Uitdrukking: ʼn Blinde hen kry ook partykeer ʼn mieliepit.
Betekenis: Selfs die onwaarskynlike kan gebeur.

Uitdrukking: Loop soos ʼn hen wat nes soek.
Betekenis: Rusteloos rond en bont loop.

Uitdrukking: ʼn Hen met spore.
Betekenis: ʼn Vrou wat soos ʼn man wil maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eliza-beth ·

… ek wonder al die jare oor die nonsens dat meisies bersipe is as hulle fluit! Ek kon dit nog nooit verstaan nie – hoekom mag meisies nie fluit anders word hul dan by die deur uitgesmyt! Sou graag wou hoor waar dit vandaan kom!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.