Pendoring-uurglas loop leeg vir inskrywings

Dié advertensie was 'n Pendoring-inskrywing in 2011

Dié advertensie was ‘n Pendoring-inskrywing in 2011

Nog net 28 dae is oor om vir die Pendoring-reklametoekennings in te skryf. As jy droom van die R100 000-prestigeprys en hoe ʼn Pendoring-toekenning jou loopbaan oemf kan gee, spring dan dadelik in om jou inskrywings gereed te kry.

Alle advertensies en veldtogte in Afrikaans en die ander nege amptelike tale van Suid-Afrika (Engels uitgesluit) wat van 15 Julie 2013 tot en met 21 Julie 2014 verskyn het of uitgesaai is, kan ingeskryf word.

Die Pendoring-reklametoekennings, wat vanjaar twintig jaar oud is, vier dié mylpaal deur op die lewenskragtigheid van Afrikaans en die ander inheemse tale te fokus. Groot belonings is op die spel vir die reklameskeppers wat met nuwe vars en kultuurryke idees bemarkers se boodskap by verbruikers tuisbring.

Vanjaar wen die algehele wenner van die Prestige-toekenning ‘n studiereis ter waarde van R100 000 ‒ die grootste ooit ‒ en die kliënt van genoemde veldtog kry gratis media van Pendoring se mediavennote.

Die Eg Suid-Afrikaanse afdeling bied prysgeld van R20 000 vir die oorkoepelende Umpetha-toekenning. Nóg ’n groot kontantprys ‒ R10 000 ‒ word opsy gesit vir die algehele studentewenner. Hierbenewens kry elke Goue Pendoring-wenner R6 000 kontant en elke Silwer Pendoring-wenner R2 500 kontant.

Alle inskrywings word aanlyn gedoen. Om in te skryf en vir meer inligting oor die toekennings gaan na Pendoring se webwerf. Pendoring se glansryke gala-aand vind op 30 Oktober by Vodacom World, Midrand in Gauteng plaas. Moenie die makietie van die jaar misloop nie!

Sluit aan by Pendoring se Facebook-groep of volg @Pendoring_ op Twitter en gebruik die hutsteken #Pendoring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.