Uitdrukking:
Iemand se Achilleshiel/Agilleshiel
Betekenis:
Iemand se kwesbare (swak)plek
Waar kom dit vandaan?
Achilles, die seun van Thetis en Peleus, was die dapperste held van die Trojaanse Oorlog. Toe hy gebore is, wou sy moeder, Thetis, hom onsterflik maak deur hom te doop in die Styx, die rivier waaroor die veerman Charon oorledenes na die onderwêreld sou roei. Peleus het Achilles aan die hak vasgehou en hom in die water gedompel, maar vergeet om dit ʼn tweede keer te doen sodat sy ander hakskeen ook kon nat word. Omdat die hak – of hiel – waaraan sy hom vasgehou het nie met die betowerde water in aanraking was nie, het hierdie klein plekkie aan sy lyf swak en kwesbaar gebly en is hy uiteindelik dood toe ʼn pyl hom daar getref het.