Herman Toerien

Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, maar het ook kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn, waaronder die Wetenschap Instituut se Denkwijzer in Nederland. Hy het ‘n sesde plek in Sanlam se kompetisie vir sportskrywing behaal en die negende plek in sake-beriggwing

Oud pres. FW de Klerk

Die beste bedoelings in die wêreld versus verterende pyn

Herman Toerien plaas rubriekskrywers se kommentaar oor uitlatings wat FW de Klerk onlangs op CNN gemaak het in die soeklig.

FW de Klerk

Nuuskommentaar: Bril na die verlede is teleskoop na die toekoms

“As jy wit Suid-Afrikaners mal wil maak, praat oor die verlede. As jy swart Suid-Afrikaners mal wil maak, praat daaroor soos F.W. de Klerk op CNN gedoen het,” – Jonathan Jansen, rektor van die UV.

Nuuskommentaar: Twiet-twiet, in die voet geskiet

Nuuskommentaar: Twiet-twiet, in die voet geskiet

Presies hoe laakbaar die kubervitrioel kan daal blyk daaruit as ʼn “debat” in die kuberruim losbars waarin mense wat hulself Christene noem oor geloofskwessies mekaar so bydam dat die eertydse Inkwisisiedrywers sou kon kom les neem.

Gwede Mantshe, sekretaris-generaal van die ANC. Foto: IOL.co.za

Nuuskommentaar: Minderheidsregte en die ANC – en die getwiet van modelle

Minderheidsregte, per definisie, kan nie die regte van meerderhede bedreig nie. Minderheidsregte bestaan juis om die minderhede teen ʼn diktatuur van die meerderheid te beskerm.

President Jacob Zuma: Foto: The New Age

Mdluli en die statutêre staatsgreep

Dit is nog gans te gou om afleidings te maak uit waarnemers se gewaarwording dat pres. Jacob Zuma die afgelope week hom skynbaar meer teruggetrek het, en wanneer hy wél sy verskyning maak en optree, soos by die begrafnisdiens van minister Roy Padayachie, hy lyk en klink soos iemand wat ‘n paar harde houe op die ken weg het.

Nuuskommentaar: Grondwetregters aangekla

Nuuskommentaar: Grondwetregters aangekla

Luisteraars na RSG se aktualiteitsprogram, Kommentaar, het waarskynlik onthuts regop gaan sit toe een van die deelnemers, dr. Piet Croucamp, gesê het dit is geen uitgemaakte saak dat die grondwetlike hof die omstrede inligtingswetsontwerp as ongrondwetlik sal verwerp nie.

Paul Mashatile, minister van Kuns en Kultuur. Foto: 123people.com

Nuuskommentaar: Naamsveranderinge – Kan transformasie en versoening bedmaats wees?

Kan daar gelyktydig transformasie en versoening wees? Die vraag is nou relevant na die minister van kuns en kultuur, Paul Mashatile, tydens ʼn sake-ontbyt gesê het naamsveranderinge speel ’n kritieke rol in die regering se “transformasie-agenda”. Is hy onbewus van die nasionale akkoord waarop die nuwe grondwet gebou is, of is hy moedswillig?