Louis du Plessis

Louis du Plessis

Louis du Plessis is 'n redaksielid van die Nuwerwetse Politieke Woordeboek, mederedakteur van verskeie werke oor konflikbestuur, en voormalige professor in die Fakulteit Krygskunde, Universiteit van Stellenbosch. Sy moedereenheid is 1 Valskermbataljon.

Afrikanerboere moet die een hofsaak na die ander maak net om hulle plase te behou

wat het van die afrikaners geword?

“Talle bydraes tot die Groot Debat lig inderwaarheid welspekend uiteenlopende probleme van Afrikaners toe, maar pleks daarvan om grondliggende redes te ondersoek, word nie-Afrikaners dikwels daarvoor verantwoordelik gehou. So ‘n slawementaliteit, tipies van Afrika, pas egter nie by ons nie…

Wie gebruik verkykers?

Hoekom gebruik hulle nie verkykers nie?

Louis du Plessis neem deel aan die gesprekreeks: “Die Nuwe Suid-Afrika se verlede en toekoms”.

Wie het die trein in 1990 sien aankom?

Wie het die trein in 1990 sien aankom?

Louis du Plessis se bydrae tot die gesprekreeks op Die Groot Debat: “1990 – 2012: Die Nuwe Suid-Afrika se verlede en toekoms in oënskou”.

Nuwejaarsvoornemens

Is nuwejaarsvoornemens die moeite werd?

Elke Januarie hoor ons van nuwejaarsvoornemens. Nie net ons nabye familie en vriende verwys na hulle planne nie, maar selfs in Beeld en op RSG vertel deelnemers wat hulle vir die volgende twaalf maande beoog. Dit maak die vraag aktueel: ”Is nuwejaarsvoornemens die moeite werd?”

Een van agt grootgrootouers - Koos (Jakobus Francois) Burger - "Klop asseblief aan my deur!"

Waar lê my voorouers se voetspore?

Ek wens gereeld die familiefoto’s teen my muur word skielik lewendig. Ek wens hulle is 25 jaar oud en klop aan my voordeur. En ek wens ek kan met almal praat. Trouens ek wens ek kan elkeen se lewensloop dophou – van die wieg tot by die graf.

Die ingang tot een van die wêreldberoemde grotte by Sterkfontein

Waar kom ons almal vandaan?

Al soek mens deesdae op talle antropologiese wêreldkaarte verniet na sommige bekende Suid-Afrikaanse stede, is daar altyd beeldryke Afrikaanse name, soos Haasgat, Kromdraai, Swartkrans en Sterkfontein. Hoekom is wetenskaplike oë op hierdie plekke vasgenael? Die rede is: Die voorouers van alle mense het miljoene jare gelede die son hier sien opkom – noord van Krugersdorp, in die wêrelderfenisterrein bekend as die Wieg van die Mens.