Uitdrukking: Die melk uit iemand se koffie kan steel
Betekenis: Baie skelm wees: Die ou spreekwoord sê dat iemand so skelm kan wees dat hy die melk uit jou koffie kan steel (Vaderland, 25 Aug. 1951, 3).
Uitdrukking: Die koffie kan met ‘n mes gesny word.
Betekenis: Die koffie is baie sterk.
Uitdrukking: Die koffie is moeg
Betekenis: Die koffie is baie flou.
Uitdrukking: Daar sal moer in die koffie wees
Betekenis: Daar sal moeilikheid of onmin wees: As sy vroue in Swede, Engeland en Italië van mekaar te hore kom, sal daar moer in die koffie wees (A.P. Brink: Parys-Parys, 1969, 111).
Bron: Woordeboek van die Afrikaanse Taal
2 Kommentare