Gedagte vir die dag: Die vreugde van die Here

Argieffoto Foto: diversityreporter.com

Argieffoto Foto: diversityreporter.com

Vir die regverdiges sal daar blydskap wees, hulle sal juig voor God, hulle sal vrolik en bly wees. (Ps 68:4)

God wil hê sy mense moet lag. In Nehemia 8:11 (1953-vertaling) sê die Here: “Die blydskap in die Here is julle beskutting.” Die Here wil hê sy volk moet lag, want iemand wat vol vreugde is, het nie tyd om hom met ander mense te vergelyk nie – hy geniet die lewe ten volle.

Dawid skryf in sy psalms ons moet juig en bly wees en die Here geniet. Die volk moes lag en vreugdevol wees. Is jy iemand wat altyd lag en vol vreugde is? Wend vandag ’n doelbewuste poging aan om die vreugdekant van die lewe raak te sien en lag uitbundig. Verlustig jou in die vreugde van die Here.

Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

H J Bester ·

Wat ‘n voorreg om vreugde in die Here te vind en saam met hom te jubel en bly te wees

H J Bester ·

Wat ‘n vreugde om blydskap in die Here te vind en saam met Hom te jubel en te juig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.