Gedagte vir die dag: God se sorg hou nooit op nie

kruis (Medium)Psalm 138:8 – Die Here sal vir my sorg totdat ek doodgaan. U liefde hou nooit op nie. Moet asseblief nie ophou om vir my goed te wees nie.

Ons leef in ʼn wêreld waar daar baie dinge skeefloop. Mense word siek, mense word kwaad vir mekaar. Daar is oorloë en gevegte en allerhande vorme van bedrog en skelmstreke. Baie mense wonder in sulke tye waar God is. Hy het ons vergeet? Is Hy werklik in beheer? Die een ding wat vasstaan, is dat God vir sy kinders sorg en dat hierdie sorg en trou van die Here nooit ophou nie. God se sorg en trou hang nie af van jou omstandighede nie. Daar was ʼn sondeval wat hierdie aarde op groot skaal verwoes het. Die sondeval het tot gevolg dat hier siekte, dood en vele gebroke verhoudings is. Dis nie God wat weggeraak het of afwesig is nie. Die sondeval het op groot skaal kom verwoes. God is die Een wat altyd getrou is. Paulus leer die belangrikste beginsel ook vir Timoteus in ʼn tyd waarin Timoteus groot benoudheid ervaar en baie onseker is. Dit is in so ʼn tyd wat Paulus vir hom vertel dat hy een ding kan weet en aan die een ding kan vashou: God is getrou. Hy kan Homself nie verloën nie. Selfs al is ek en jy ontrou, is sy trou en sorg altyd daar vir ons. Ja, dit klink ietwat onwerklik, maar maak dit jou eie. God sal vir jou sorg tot jy die dag doodgaan.

Lyding maak sterk. Dit brei. Dit vorm en verdiep. Dit gee krag en weerstand. Dit gee staal. Maar terselfdertyd gee dit ook begrip en liefde en geloof in gesuiwerde vorm. – Ena Murray

Gebed: Here, dankie dat U altyd getrou is. Dankie dat U altyd vir my sal sorg. Help my om nie in my omstandighede vas te kyk nie. Ek loof U vir U trou en sorg, Here!

Bron: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.