Gedagte vir die dag: Lig in die duisternis

boer-windpomp-plaas-reint-dykema-11.jpg

Foto: Reint Dykema

God wat gesê het: “Laat daar lig skyn uit die duisternis,” het ook in ons harte ’n lig laat skyn om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God, wat van Jesus Christus uitstraal. (2 Kor 4:6)

Jy word net geestelik slimmer as jy oefen. Dit kom nie outomaties nie. Die Skrif sê vir ons die lig moet uit die duisternis skyn. So het dit ook in ons harte ’n lig laat skyn, om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God wat uit die gesig van Jesus Christus straal.

In daardie ruimte wat jy skep om by God uit te kom, laat Hy ’n lig skyn wat dinge vir jou duidelik maak, die heerlikheid van Jesus duidelik maak. As jy dit nie doen nie, maak nie saak hoe oud jy is nie, is daar ’n spiraal van duisternis en agteruitgang in jou binneste. Net God kan jou verlig. En jy moet ruimte en plek skep, geestelike oefening in jou lewe inbou waar God met jou kan praat en sy lig in jou lig kan laat skyn. Anders het jy nie gegroei nie. Anders is daar nie geestelike vooruitgang in jou lewe nie. 

Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.