Gedagte vir die dag: Naasteliefde

Argieffoto

Argieffoto

Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid. (1 Joh 3:18)

God is lief vir die hele wêreld, en Hy stuur my en jou om ook vir ander mense lief te wees. Dit kan soms nogal uitdagend wees, want dit gebeur partykeer dat Hy jou stuur om lief te wees vir mense wat anders as jy is. Soms is hierdie “ander” mense so verskillend van die mense wat jy ken dat hierdie opdrag om hulle lief te hê vir jou baie moeilik is. Maar jy het so baie ontvang, en Hy stuur jou nou om uit hierdie oorvloed te gaan deel.

Soms stuur God jou na mense toe van ’n ander ras, of ’n ander kultuurgroep. God stuur jou om mense wat “anders” as jy is lief te hê, en daardie liefde begin dalk by vriendelikheid. Ken iemand se naam, groet hom op die naam, behandel hom met menswaardigheid, en dit is dalk die eerste tree op ’n wonderlike reis van naasteliefde.

Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.