Gedagte vir die dag: Nooi die buitestanders

Foto: yulika.tumblr.com

Foto: yulika.tumblr.com

Jesus het ook vir die gasheer gesê: “As jy in die middag of in die aand ’n maaltyd gee, moet dan nie jou vriende of broers of familie of ryk bure uitnooi sodat hulle jou waarskynlik ook weer uitnooi en jou op dié manier vergoed nie. Nee, as jy ’n feesmaal gee, nooi dan armes, kreupeles, verlamdes en blindes.” (Luk 14:12-13)

Jesus berispe hier die Fariseërs van sy tyd. Hulle het geglo as jy kruppel is of ’n gebrek gehad het, is jy deur God vervloek. Hulle het slegs die goeies, die regverdiges, die rykes, die heiliges vir ete genooi. Volgens hulle het die mense wat jy na jou tafel genooi het baie oor jou gesê.

Ons moenie soos die Fariseërs wees nie. Ons moenie sekere mense afskryf bloot omdat hulle niks vir ons kan doen nie. Of nog erger, omdat ons skaam gaan wees oor wat die mense gaan dink as ons goed is vir hulle nie. God sien wat ons doen, en Hy sal ons beloon as ons ons ontferm oor die uitgeworpenes van die samelewing. Maak dus vandag nog plek aan jou tafel vir iemand wat jou nie terug kan nooi nie.

Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.