Gedagte vir die dag: Slegte wense

skinder_facebook

Foto: voelgoed.co.za

Ps 41:8 – Almal wat my haat, staan en fluister oor my, hulle wens my net die ergste toe.

“Mag jy jou been breek,” is die eienaardige wens wat mense in die motorren­ bedryf mekaar toewens. Daardeur bedoel jy eintlik die teenoorgestelde. Motorrenne is baie gevaarlik en daar kan maklik iets verkeerd gaan as motors tot die uiterste beproef word.

Dit is egter nie Dawid se vriende wat grappenderwys sulke wense uitspreek nie. Dit is sy vyande. Terwyl hy siek was, het hulle agteraf oor hom geskinder en gewens dat hulle van hom ontslae kon raak. Dit laat ons dink aan die vyande van die Here Jesus wat ook agteraf teen Hom planne gesmee het. Hy was gans te reguit na hulle smaak. Hulle wou van Hom ontslae raak, want Hy gooi die soeklig op hulle huigelary. Net soos Dawid se boesemvriend hom in die rug gesteek het (Ps 41:10), so het Jesus se boesemvriend, Judas Iskariot, die een wat met die groep se geld vertrou is, agteraf met Jesus se vyande gekonkel en Hom verraai.

Maar moenie te vinnig oordeel nie. Wat gaan ons vandag na die kerkdiens maak? Gaan ons oor tee die uitleef van die boodskap bespreek, of sal ons die geleentheid gebruik om die preek, die prediker en alles wat tydens die erediens gebeur het, te kritiseer? Min dinge maak ‘n predikant so moedeloos as dat mense hom agteraf beskinder. Dit is maklik om sleg van mense te praat as hulle nie teenwoordig is nie. As daar iets is om te kritiseer, moet jy dit in liefde van aangesig tot aangesig doen, sodat die ander persoon die kans kan kry om te verduidelik. Dalk het jy net sy of haar woorde of dade heeltemal verkeerd verstaan.

Gebed: “Here, maak my mond toe en my ore en hart oop vir U.”

Bron: Uit die Beek – Attie van Wijk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SY de WET ·

Judas , Jesus se boesemvriend ? Hy het van Keriot afgekom en wie en wat het in Keriot gewoon ..? Die enigste dissipel vandaar af . Gaan lees maar waarvandaan was die res .,hulle was nog naby familie ook .Wat besigheid aanbetref , het die vissermanne besigheid maar ook gehou soos voorgeskryf in Exo_34:12″ Neem jou in ag dat jy geen verbond sluit met die inwoner van die land waarin jy kom nie; sodat hy nie miskien ‘n strik by jou word nie.” So . n Familie onderneming . Nee , Judas was n skelm ,en daar om die werk te doen wat hy moes doen Joh_12:6″ En dit het hy gesê, nie omdat hy oor die armes besorg was nie, maar omdat hy ‘n dief was en die beurs gehad het en die bydraes geneem het.”Joh_13:27 En nadat hy die stukkie geneem het, het die Satan in hom ingevaar. En Jesus sê vir hom: Wat jy doen, doen dit haastig.” Judas ; in n klas , heeltemal van sy eie en ook geen vergifnis vir hom nie . 1Ch_28:9 ” En jy, my seun Salomo, ken die God van jou vader en dien Hom met ‘n volkome hart en met ‘n gewillige siel, want die HERE deursoek al die harte, en Hy verstaan elke versinsel van die gedagtes. As jy Hom soek, sal Hy Hom deur jou laat vind; maar as jy Hom verlaat, sal Hy jou vir altyd verstoot.” Daardie flits sekonde voor n motor botsing voel soos ure maar baiekeer is daar tyd vir daardie flits gebed en die God van die Hemel hoor dan daardie opregte hart ,want daardie hart het niks anders om aan te dink as die lewe maar meer nog , die een wat die lewe gee . Wat uit red . tweede kans ; derde kans ; vierde kans . Daar’s nou tyd vir die volgende gebed . of is jy nou te besig .?

Gebed :1Samuel_12:10 HERE: Ons het gesondig, want ons het U verlaat en die Baäls en Astartes gedien; maar red ons nou uit die hand van ons vyande, dan sal ons U dien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.