Boek: Botterblom

Botterblom - Maretha Maartens - Boekrakdeur Maretha Maartens

Botterblomme is taai – elke lente bars hulle uit die droë aarde, nog voor die eerste reën geval het, en verkondig die heerlike waarheid van léwe in ’n omgewing wat so dood lyk.

Het jy geweet dat elke vrou ʼn botterblom-lewe in Christus kan hê? In Botterblom neem Maretha Maartens vroue op ’n staptog deur 366 dagstukke. Sy vestig in elke dagstuk eers ons geloof op die vaste grond, die bodem van die Ou Testament, deur terug te stap na die profesieë, poësie en die openbaringe van God daarin. Dan beweeg sy aan na ʼn gedeelte uit die Nuwe Testament. Só word die skat van die Bybel oopgemaak. Die dagstukke is ook genommer van 1-366 sodat die leser nie aan datums gebonde is nie.

Elke vrou sal in Botterblom ontdek dat sy deur God se liefde haar wortels diep kan plant in God se beloftes en elke dag van krag tot krag kan groei.

Oor die Outeur:
Maretha Maartens is die gewilde skrywer van dagboeke, romans, kortverhale, verhoogstukke en kinderboeke en het al verskeie toekennings vir haar werk ontvang. Maretha en haar man, Hennie, woon in Bloemfontein.

Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy
Prys: R189-95*
Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.