Boek: In die ligkring van sy teenwoordigheid

Boek_Ligkring.jpgLizette Murray

Spontane gesprek met God ontspring dikwels uit benoudheid of krisis. Waarom beweeg ons op hierdie manier nader aan God slegs wanneer ons Hom nodig het? Hoekom deel ons nie ook ons vreugdes en jubeling so spontaan met ons Hemelvader nie?

Lizette Murray, met haar kenmerkende fyn waarnemingsvermoë, bied 84 hartsgesprekke waarmee enige vrou kan identifiseer. In die ligkring van sy teenwoordigheid bevat gebede oor kommer en stilword by God, aanbiddingsgebede wat God loof, en gebede vir vriende en geliefdes, asook vir spesiale geleenthede. Dié gebede sal diepe nadenke inspireer oor die lewe en ’n wegspringplek word vir eie, intieme gesprekke met die Vader.

In die ligkring van sy teenwoordigheid is ’n kosbare bundel gebede wat elke leser nooi om saam met Lizette in die ligkring van God se teenwoordigheid te vertoef.

Oor die outeur:

Lizette Murray het in Stellenbosch en die Paarl grootgeword. As onderwyseres en ma van vyf seuns ken sy die hart van ’n kind. Sy is die medeskrywer van ’n bekroonde kinderboek. Ná die dood van haar middelseun begin sy die rubriek “Henri stap aan” in Lééf – met hart & siel. In 2008 word hierdie rubrieke as boek uitgegee. Lizette is tans ’n vryskut-skrywer vir Lééf – met hart & siel en behartig ’n paar rubrieke in dié tydskrif, onder andere “My hart se punt”, wat deur CUM-uitgewers as bundel uitgegee is. ’n Reeks kinderboekies, Bibber Bobbejaantjie, het ook onlangs uit haar pen verskyn. Haar huwelik met George, ’n bedryfsingenieur, is vir Lizette ’n veilige hawe – en steeds ’n avontuur. Besoek www.lizettemurray.co.za.

Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy
Prys: R129.95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.