Boek: Ontdek die boodskap van die Nuwe Testament

https://maroelamedia.co.za/wp-content/uploads/2014/10/Boek_Ontdek_NuweTestament.jpgJan van der Watt en Francois Tolmie

Die groot temas van die Nuwe Testament is nie veronderstel om op hul eie ondersoek en verstaan te word nie. In Ontdek die boodskap van die Nuwe Testament bespreek Jan van der Watt en Francois Tolmie die hoofmomente van die Nuwe Testament een vir een; op só ’n manier dat ’n leser ontdek wat die Nuwe Testament vandag vir gelowiges te sê het.

In die eerste hoofstuk word gewys hoe die Nuwe Testament aansluit by en voortbou op belangrike gedagtes wat ’n mens reeds in die Ou Testament kry. Daarna volg ’n omvattende verkenning van die belangrike sake in die Nuwe Testament, soos:

  • Wie is God en wat doen Hy?
  • Hoe lyk die mens en die wêreld waarin hy leef?
  • Hoe moet gelowiges in die praktyk leef?
  • Wat doen die Heilige Gees alles?
  • Wat vertel die Nuwe Testament oor die einde?

Ontdek die boodskap van die Nuwe Tes-tament ondersoek hoe die temas van die Nuwe-Testamentiese boodskap ineenskakel en uiteindelik ’n verstaanbare geheelbeeld vorm.

Oor die outeurs:

Jan van der Watt is ’n internasionaal erkende teoloog en die bekroonde skrywer, redakteur of medewerker van meer as 45 boeke en byna 150 akademiese artikels. Hy is die hoofredakteur van die Review of Biblical Literature, ’n subredakteur van De Gruyters International Encyclopedia of the Bible and Its Reception en senior redakteur van die Oxford Dictionary of the Bible and Ethics. Jan is ook ’n gesogte spreker by internasionale teologiese konferensies. Hy was professor en hoof van die Departement Nuwe-Testamentiese Wetenskap aan die Universiteit van Pretoria en het al by universiteite in Europa, die VSA, Korea en Rusland gedoseer. Tans is hy professor aan die Radboud Universiteit in Nijmegen, Nederland, en buitengewone professor in Nuwe Testament, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom.

Francois Tolmie is tans die departementshoof en professor in Nuwe Testament aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy navorsing is veral gerig op die Johannesevangelie en die Briewe van Paulus.

Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy
Prys: R149.95*
Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elsie Ceronio ·

Goeie dag, ek sal graag wil weet of hierdie boek ook ‘n kort beskrywing gee van die boodskap in elke boek van die Nuwe Testament.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.