Boek: Oordenkings deur Ena Murray

oordenkings

Ena Murray

In talle huise het Ena Murray deur die jare ’n bekende en geliefde naam geword. Wie haar boeke ken, sal weet: hier is iemand aan die woord na wie ’n mens graag luister, iemand by wie jy tuis voel.

En nou, in dié hersiene, bygewerkte uitgawe (bygewerk met nuwe stukkies en gedigte uit haar boek Roosknop vir ’n engel – verse vir ’n vrou) van Ena Murray Oordenkings kom lê sy weer besoek af by haar duisende vriende – hierdie keer met ’n dwingende uitnodiging: Kom loop saam met my die pad wat die Here vir sy mense bestem het!

Uit haar persoonlike omgang met die Skrif, uit haar eie ervaring met die lewe van die gees bring sy in 366 dagstukke boodskappe vir elke dag van die jaar. Sy vermaan, sy verduidelik, sy bemoedig, sy roep op tot nadenke. En dan, aan die einde van elke dagstuk, lei sy haar lesers in ’n kort, kernagtige gebed na die Troon van Genade.

Ena Murray Oordenkings is ’n boek vir die private stiltetyd, ongeag die ouderdom van die leser. Dit is ook ’n boek vir die gesin wat sáám oor die dinge van God wil besin.

Oor die outeur:

Ena Murray skryf al vir meer as 30 jaar voltyds. Daar het reeds 131 boeke uit haar pen gevloei, waarvan die meeste deurgaans topverkopers is. Sy word bestempel as “die mees geleesde skrywer in Afrikaans”. Sy woon tans in Mosselbaai.

Uitgewer: Lux Verbi
Prys: R159-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.