Boek: Tannie Poppie kook

tannie poppie kook“Die Chuck Norris van Suid-Afrikaanse kos” en “almal se ouma” is maar van die talle maniere waarop Tannie Poppie bekend is aan haar duisende aanhangers. Dié gewildste van al die TV-Kokkedore het nou haar eie kookboek.

Tannie Poppie kook is nie net nog ’n kookboek nie, dis ’n ode aan alle smulpape en lekkerbekke – die mense wat weet dat lekker kos nie net ’n toevallige gebeurtenis is nie. In hierdie pragstuk deel Suid-Afrika se gewildste kos-ouma al haar gunsteling versamelresepte met ons.

Die klem is op lékker kos. Die boek bied heerlike resep-idees vir liplekker hoender, brode, smaaklike poedings, lekkernye vir die teetafel en nog vele meer. Dit spog deurgaans met volkleurfoto’s van die geregte en lesers sal hul lippe aflek.

Hierdie is staatmakerresepte wat jy keer op keer sal gebruik, ideaal vir beginners in die kombuis sowel as ervare kokke.

Oor die outeur:

Tannie Poppie is ‘n fenomeen! Maar voor kykNET seKokkedoor TV-program was Tannie Poppie net ’n gewone huisvrou, bekend in haar kontrei as topbakster. Alhoewel sy nie die Kokkedoor-reeks gewen het nie was sy een van die gewildste deelnemers. Haar positiewe lewenslus, vrolike gemoed, eenvoudige benadering tot kos en lekker resepte het haar vinnig in kykers se harte laat kruip. Deesdae is sy ’n huishoudelike naam en bak en kook die land aan die brand.

Aanhangers kan haar volg:
Op Facebook: Poppie Coetzer
Op Twitter: @poppiecoetzer
Op Toeter: @TanniePoppie

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R220-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elizabeh ·

Help asseblief, in tannie poppie kook se resepteboek is daar op bladsy 18, JAN SE VETKOEK.
Die beslag verwys na 4 x 250ml koekmeelblom, maar die 650ml louwarm water het ek gevind dat my deeg soos water is. Dit klink nie vir my reg nie. Of verwys die resep dat jy 650ml louwater byderhand moet hê, terwyl jy die deeg meng met net n sekere hoeveelheid water, todat die deeg elasties is. Ek moes my beslag weggooi, want 650ml louwarm water
was vir my misleidend.
Groete

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.