Uittreksel: Mankepank en ander verse

Antjie Krog

Sporrie se feetjie

hoe bibber die bossies
hoe ruk die wind
sien jy hoe bewe
blou flentertjies, kind?

sporrie se feetjie
staan en koes
sy vryf haar armpies
vinnig en woes

daar begin sy nies
haar ogies skoon blind
te erg is te erg
en te erg is die wind

trek aan jou trui
klein liefste van my
die wind en die koue
mag jou ruggie nie kry

Uit: Mankepank en ander verse deur Antjie Krog
Uitgewers: Tafelberg, 2011

Vir meer inligting oor die boek, klik hier.

Geskryf deur Suné van Heerden

Lewer Kommentaar