Video: SA fliek speel af in Frankryk

Thierry Ballarin en Lika Berning is te sien in die rolprent French Toast wat na verwagting in 2015 vrygestel word. Foto: verskaf

Thierry Ballarin en Lika Berning is te sien in die rolprent French Toast wat na verwagting in 2015 vrygestel word. Foto: verskaf

Die lokprent van ʼn nuwe plaaslike rolprent, French Toast is vandag bekend gestel. Die rolprent is gemaak deur dieselfde span wat Pretville en Liefling vervaardig het (Hartiwood Films).

Lika Berning vertolk die rol van Lise le Roux, ʼn fotograaf wat saam met haar pa op ʼn wynplaas naby Stellenbosch bly. Wanneer Lise egter op haar oorlede ma se dagboek afkom, vind sy uit dat haar ma ʼn konneksie met Frankryk het. Sy besluit om na Parys te toer om die waarheid uit te vind.

French Toast is onder meer in Frankryk, Hartbeespoort en Stellenbosch verfilm.  Daar is selfs ʼn restaurant ʼn klipgooi van die stel van Pretville gebou, spesiaal vir die rolprent. Die restaurant is ook oop vir die publiek.

Buiten Lika Berning is Deon Lotz, Helen Lombard, Paul du Toit en Roberta Fox ook in die rolprent te sien. Thierry Ballarin, ʼn akteur van Frankryk maak ook deel uit van die rolverdeling.

Die rolprent word na verwagting in 2015 vrygestel.

Kyk gerus die eerste lokprent vir die rolprent hieronder.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.