WEN ‘n wegbreek vir twee met Leading Lady

Gil Bellows en Brümilda van Rensburg op die stel van Leading Lady. Foto: verskaf

Gil Bellows en Brümilda van Rensburg op die stel van Leading Lady. Foto: verskaf

Hierdie kompetisie is gesluit: Die akteur, Gil Bellows, wat te sien is in die fliek Leading Lady, het onlangs ʼn draai in Suid-Afrika kom maak om die première van dié rolprent by te woon.

Maroela Media het spesiaal by hom gaan inloer by Kloofzicht Lodge en Spa waar hy tuisgegaan het, om meer by hom te hoor oor Leading Lady. ʼn Video van die kuiertjie volg onderaan die berig.

Leading Lady begin 28 November 2014 landswyd in verskeie fliekteaters.

WEN ʼn Wegbreek vir twee!

Een gelukkige Maroela Media-leser kan nou, met die komplimente van Guvon Hotels & Spas en die fliek, Leading Lady, ʼn wegbreek vir twee persone na die Askari Game Lodge & Spa in die Magaliesberg en Hekpoort-area in Noordwes wen! Dit is ongeveer een uur buite Pretoria en Johannesburg geleë. Al wat jy hoef te doen is om na die video-onderhoud met Gil Bellows te kyk (sien video onderaan die berig) en vertel ons wat is die naam van sy karakter in Leading Lady!

Stuur die antwoord met jou naam en kontakbesonderhede na [email protected]. Inskrywings vir die kompetisie sluit Sondag, 30 November 2014 om 00:00. Vertel gerus sommer vir jou vriende ook van die kompetisie – hopelik nooi hulle jou saam as hulle wen! Maroela Media sal die wenner op Maandag, 1 Desember 2014 op sosiale media bekend maak.

Bepalings en voorwaardes geld.

Die prys sluit die volgende in:
Twee nagte vir twee persone wat deel by die Askari Game Lodge & Spa. Jou prys sluit slaapplek, aandete en ontbyt in.

Let wel:
–          Die prys is onderhewig aan beskikbaarheid en is slegs vir ses maande geldig van die datum waarop dit uitgereik word.
–          Besprekings kan gedoen word van Sondae tot Donderdae, maar sluit nie openbare vakansiedae of die aand voor publieke vakansiedae in nie.
–          Die prys het geen kontantwaarde nie en is nie oordraagbaar tussen Guvon Hotels & Spas nie.
–          Reiskostes en drankies word nie by die prys ingesluit nie.
–          Enige ander uitgawes wat jy moontlik mag aangaan is ook nie by die prys ingesluit nie.
–          Besprekings is noodsaaklik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.