Wen! Vier saam met Steve Hofmeyr sy jongste album

Steve Hofmeyr gaan sy nuwe album, Toeka 3, regstreeks op Groot FM bekendstel.

Steve Hofmeyr gaan sy nuwe album, Toeka 3, regstreeks op Groot FM bekendstel.

Hierdie kompetisie is gesluit: Steve Hofmeyr gaan sy nuwe album, Toeka 3, regstreeks op Groot FM bekendstel en jy staan ʼn kans om ook die geleentheid by te woon!

 Toeka 3 is die nuutste aflewering van dié reeks en is propvol gunstelingtreffers soos Ek verlang na jouOne Last Kiss en Hak Hom Blokkies. Coenie de Villiers, Anton Goosen en Danie Botha is slegs ʼn paar van die kunstenaars wat ook ʼn verskyning op die album maak.

Die bekendstelling vind op 31 Oktober 2014 tussen 11:00 en 12:30 plaas by Groot FM se ateljee in Pretoria. Die geleentheid word ook regstreeks uitgesaai op Steve se Youtube-kanaal.

Wen!

Maroela Media het 10 Toeka 3-CD’s om weg te gee en EEN gelukkige leser kan die geleentheid kry om die dag van die bekendstelling saam te kuier in Groot FM se ateljee! Al wat jy hoef te doen om te wen, is om vir ons te sê wat is jou gunstelingliedjie van Steve en waarom jy so graag ʼn CD wil wen of hoekom jy die geleentheid in die ateljee wil bywoon.

So maak jy

Stuur vir ons jou antwoord met jou volle naam, adres en kontakbesonderhede en laat weet ons of jy die geleentheid in die ateljee kan bywoon.

Let wel: Jou reis en verblyf na Groot FM se ateljee in Pretoria is nie by die prys ingesluit nie.

Stuur jou e-pos na [email protected] met “Toeka Groot” in die onderwerpveld. Inskrywings vir die kompetisie sluit Dinsdag, 28 Oktober 2014.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Zelda Oosthuizen ·

Ek is blind en sal baie graag een van Steve se nuwe cds tussen al sy ander hou .My beste op di cd is di Stem dit is on op trots te wees om weer do Stem uit vole bors so te kan sing dis ons as Afr. Se trots en hoekom ni .Dit sal n groot vooreg wees on saam Steve in di ateljee te sit en my se te se danki zelda

Yolanda ·

Geniet dit om Maroela nuus te lees. Baie om van te kies, resepte, nuwe musiek uitreikings ens. Die beste nog dankie Maroela.

Sune van Heerden ·

Dankie Yolanda! Ons hoop jy kuier nog sommer baie lekker verder!

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.