Soorte resepte:

Resep: Broodjie by braaivleis

Argieffoto

Argieffoto

Bestanddele:
500 ml karringmelk (2 k)
1 pakkie dik groentesop (69 g)
500 g bruismeel
1 e olie
sout
gerasperde kaas
paprika
pietersielie

Metode:
1. Meng droë bestanddele, maak aan met karringmelk en olie.
2. Plaas in broodpan.
3. Strooi paprika, pietersielie en kaas bo-oor.
4. Bak teen 180°C vir ± 1 uur.

Resep: Joey Pienaar
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.