1¼ liter kookwater
1 t sout
Genoeg mieliemeel om lekker stywe pap te maak, maar dit moet redelik smeerbaar wees.
½ k sonneblomolie
500 g sampioene in skywe gesny en liggies gebraai
250 g gekrummelde gebraaide spek
250 g Cheddar-kaas
pietersielie
50 ml ingedampte melk (4 e)
Metode:
Skep die volgende lae in ‘n gesmeerde bak en bak vir 1½ uur by 180°C:
Pap, sampioene, spek, olie, kaas en 15 ml ingedampte melk.
Herhaal tot alles op is. Eindig met sampioene en kaasmengsel.
Dan die res van die melk.
Strooi pietersielie bo-oor.
Resep: Joey Pienaar
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636
Heerlik, het dit al gemaak. Altyd ‘n wenner!