Soorte resepte:

Resep: Pap en tamatiesous

Foto: http://www.rainbowcooking.co.nz/

Foto: http://www.rainbowcooking.co.nz/

Tamatiesous vir pap

1 pakkie tamatiesop (69 g)
2 k vleis- of worssous
gestoofde uie
½ t gemengde kruie

Metode:
1. Voeg tamatiesop by sous en kook vir 5 minute.
2. Voeg uie by, roer kruie in en sit warm saam met pap voor.

Krummelpap
(6 porsies)

375 ml water (1½ k)
5 ml sout (1 t)
300 g mieliemeel (500 ml) (2 k)

Metode:
1. Kook die water en die sout in ‘n kastrol, gooi die mieliemeel stadig by sodat dit ophoop en die water rondom kook.
2. Moenie roer nie.
3. Sit die kastrol se deksel op en kook 10 tot 15 minute lank stadig.
4. Klop goed met groot vurk.
5. Sit deksel op en laat verder oor baie lae hitte gaar word. Dit neem ongeveer 1 uur.

Resep: Ina Steyn (Tamatiesous) en Joey Pienaar (Krummelpap)
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.