Soorte resepte:

Resep: Karringmelkbeskuit

Foto: drizzleanddip.com

Foto: drizzleanddip.com

Bestanddele:
6 k meelblom
2 eiers (geklits)
karringmelk of suurmelk, ongeveer ½ liter
6 t hoogvol bakpoeier
1 k suiker
250 g margarien
knippie sout

Metode:
1. Vryf margarien in meel, bakpoeier en suiker met vingerpunte.
2. Voeg eiers by.
3. Maak aan met karringmelk en knie ‘n bietjie.
4. Maak bolletjies en pak in gesmeerde panne.
5. Bak vir 1 uur by ongeveer 165° C.
6. Breek en droog uit.

Resep: Joey Pienaar
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Heleen Kruger ·

Goeie dag, almal.

Ek het n bietjie deur jul blog gegaan en ek was heerlik verras! Wat n lekker gevoel om weer na aan ons voorsate te kom met AL die Boere Resepte! Ek het my hele kinderlewe op n plaas groot geword. Dit was die beste tyd van my lewe, want sien ouma en ek het al van kleintyd af begin bak. Ek was omtrent so 4 jaar oud toe ek my eie beskuit bolletjies moes begin rol.

Vandag is ek die ENIGSTE bakster in die hele familie. Ek geniet dit om beskuit en klein koekies op die koue wintersdae te bak. Sien dan is ek uiters slim, want dan is my kombuis heerlik warm.

Ek is MAL oor die outydse resepte van ouma en ouma grootjie. Ek bak koek, kook en brei ook.

Op die oomblik is ek regtig naarstelik opsoek na n “perfekte” gemmerkoekie resep! Die een wat in Amore se tjailatyd resepte 2 is met die diep kraakies en baie suiker bo-op.

Kan iemand my dalk daarmee help. Ek het al menige resepte probeer maar daardie een is die eintlike een wat ek soek!

Ek sal dit regtig waardeur!

Lekker kook en bak tot volgende keer.

Heleen Kruger
[email protected]
082 500 3825

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.