Mev. Sophie Franken van Buffelsjagrivier het ‘n buite-oond waarin sy haar broodrolle bak wanneer hulle vleis braai of potjiekos maak. ‘n Gewone oond bak egter ewe goed.
Lewer sowat 36 broodrolle
Bestanddele:
750 ml sterk lou water
5 ml suiker
10 ml kitsgis
1 925 kg koekmeelblom of witbroodmeel
15 ml sout
600 ml sterk lou water
1 eier, geklits
Metode:
1. Voorverhit die oond tot 220°C (425°F). Smeer bakplate.
2. Meng die 750 ml water, suiker en gis. Voeg 425 g (750 ml) van die koekmeelblom of witbroodmeel by en meng tot ‘n slap deeg. Bedek en laat 1 uur lank in ‘n warm plek rys.
3. Voeg die oorblywende 1.5 kg meel, sout en 600 ml water by en knie tot ‘n slap deeg. Bedek en laat weer 1 uur lank in ‘n warm plek rys.
4. Knie die deeg af. Smeer hande met sonneblomolie en knyp eiergrootte-rolle tussen die duim en voorvinger af. Plaas die rolle ‘n entjie van mekaar op die bakplate en verf die eier bo-oor. Laat 10 minute lank rys en bak dan sowat 15 minute lank in die middel van die oond tot goudbruin.
Hierdie resep is oorspronklik gepubliseer in Huisgenoot Wenresepte 1
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R285-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Voorverhit die oond twee ure voor die tyd? No 1 behoort no 3 te gewees het.
Ja Dave, dink jy is reg, veral terwyl escom ook nog so geweldig onder druk is.