Soorte resepte:

Mandela se gunsteling: Malvapoeding

Malvapoeding

Malvapoeding

Nelson Mandela het glo ʼn soettand gehad, volgens sy persoonlike kok, Xoliswa Ndoyiya.

“Hy sou kinders ontmoedig om soet goed te eet, en het gesê dis beter om vrugte te eet,” het Ndoyiya gesê. Maar wanneer malvapoeding of aarbeikoekstruif bedien is, het die voormalige staatsman glo reggeskuif.

Ndoyiya was sedert 1992 al Mandela se persoonlike kok. Haar werksonderhoud het glo net uit een vraag bestaan: “Kan jy ons tradisionele kos voorberei?” Sy is dadelik aangestel.

“Ukutya Kwasekhaya,” die tradisionele kos van Xhosa-sprekers, is ook die titel van haar resepteboek wat sy onlangs uitgebring het met al Mandela se gunstelingresepte. Klik hier om meer te lees.

Malvapoeding-resep:

Bestanddele
30 ml botter
100 g (125 ml) suiker
2 eiers
15 ml appelkooskonfyt
15 ml suurlemoensap of asyn
5 ml koeksoda
250 ml melk
120 g (250 ml) koekmeelblom
2,5 ml sout

Sous
115 g (125 ml) botter
250 ml melk
200 g (250 ml) suiker
5 ml vanieljegeursel
125 ml room

Metode
1. Meng die botter en suiker en klits die eiers en konfyt daarby.
2. Voeg die suurlemoensap of asyn by. (Dit maak nie saak as dit skif nie.)
3. Los die koeksoda in die melk op.
4. Sif die koekmeelblom en sout saam.
5. Voeg die meelmengsel en melk beurtelings by die eiermengsel.
6. Skep die beslag in ’n gesmeerde oondskottel en bak vir 25 tot 30 minute of tot gaar by 180 °C (350 °F).
7. Berei intussen die sous. Verhit die botter, melk, suiker en vanieljegeursel tot kookpunt en prut vir 5 minute. Hou warm.
8. Voeg die room by en giet die sous oor die poeding sodra dit uit die oond kom.

Resep oorspronklik gepubliseer in Boerekos
Uitgewer: Lapa
Prys: R195-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.