Soorte resepte:

Resep: Sagopoeding

Argieffoto Foto: Abby, thechoulife.com

Argieffoto Foto: Abby, thechoulife.com

Bestanddele:
4 k melk
1 k sago
2 e botter
¾ k suiker
4 eiers
1 t vanieljegeursel
appelkooskonfyt
knippie sout

Metode:
1. Stel oond op 180°C (350°F).
2. Kook melk, suiker, sout en sago totdat sago deurskynend is.
3. Laat effens afkoel.
4. Roer botter by.
5. Voeg effens geklitste eiergele en geursel by.
6. Skep in gesmeerde vuurvaste bakskottel.
7. Smeer appelkooskonfyt bo-oor.
8. Klits eierwitte styf met 6 eetlepels suiker.
9. Skep bo-op konfyt en bak tot ligbruin.

Resep: Joey Pienaar
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Trudie ·

More, ek het altyd gehoor mens moet sago oornag week? en die resep noem niks van dit nie. kan ek dit halfveer vir 1 persoon? Baie dankie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.