Soorte resepte:

Resep: Boontjiesop

Argieffoto (Foto: parentables.howstuffworks.com)

Argieffoto (Foto: parentables.howstuffworks.com)

Bestanddele:
500 g suikerboontjies
2,5 liter water
1 sopbeen
125 g spekvleis, in blokkies gesny
15 ml sout (3 t)
2 ml peper
2 medium uie, in skywe gesny
5 ml gekapte pietersielie (1 t)

Metode:
1. Was die boontjies en week oornag in water.
2. Dreineer en voeg die sopbeen en 2.5 liter water by. Kook stadig totdat die boontjies en vleis amper sag is.
3. Voeg die ander bestanddele, behalwe die pietersielie, by en kook ‘n uur langer.
4. Voeg die pietersielie by.
5. Dien op saam met bruinbrood en botter.

Resep: Mollie de Witt
Dié resep is oorspronklik in Vleis en seekos

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Anita Nel ·

More,Kan iemand ASB vir my se wanneer gaan die vermeende SKELMS aan die pen ry van die SHAREMAX SINDIKASIE wat ons GELD ‘”GESTEEL HET”. TALLE OUMENSE IS BESIG OM TE KRIPEER…..HELP ///

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.