Soorte resepte:

Resep: Vinnige souttert

Vinnige souttertLewer 4 – 6 porsies

Bestanddele:
45 ml kook- of olyfolie
125 g swoerdlose streepspek, gekap
1 middelslag ui, grofgekap
2 selderystingels, grofgekap
125 g knopiesampioene, in skyfies gesny
250 ml (100 g) gerasperde cheddarkaas
5 ml mosterdpoeier
30 ml gemengde, gekapte vars kruie, of 10 ml droë sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
2 ekstragroot eiers
300 ml melk
60 ml (35 g) Snowflake-koekmeel

Metode:
1. Verhit olie in ‘n groot swaarboompan. Voeg spekvleis by en braai liggies. Voeg ui, seldery en sampioene by en soteer ‘n paar minute tot sag. Verwyder van hitte.
2. Voeg kaas, mosterdpoeier, kruie en geurmiddels by en skep in ‘n gesmeerde, oondvaste 22 cm-pasteibak.
3. Klits eiers, melk en meel saam en giet oor mengsel in bak.
4. Bak sowat 30 minute in ‘n voorverhitte oond teen 180 °C, of tot goudbruin en geset.

Variasies:
* Vervang sampioene met 125 g kersietamaties of 100 g vars aspersies
* Vermeerder spekvleis tot 250 g

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.