Soorte resepte:

Resep: Biltongpotjie

Biltongpotjie Foto: rainbowcooking.co.nz

Biltongpotjie Foto: rainbowcooking.co.nz

Hierdie resep is oorspronklik gepubliseer op die blog, Rainbow Cooking. Alle krediet aan die samesteller. Klik hier om hulle Facebook-blad te besoek.

Lewer 4 – 5 porsies

Bestanddele:
2 uie
2 knoffelhuisies (gekneus of gekap)
250 gram sampioene
tiemie
500 gram biltong
1 koppie bevrore of 1 blikkie pitmielies
500 gram skulpnoedels (al dente gekook)
rooi paprika
250 ml vars room
1 koppie gerasperde kaas (cheddar)

Metode:
1. Braai uie oor matige hitte tot sag
2. Voeg knoffel, sampioene, paprika en tiemie by en braai vir vyf minute.
3. Verminder hitte.
4. Voeg mielies, biltong en gaar noedels by.
5. Voeg room en kaas by en verhit stadig tot die kaas begin smelt.

Bedien met ʼn slaai.

Hierdie resep is oorspronklik gepubliseer op die blog, Rainbow Cooking. Alle krediet aan die samesteller. Klik hier om hulle Facebook-blad te besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.