Soorte resepte:

Resep: Waterblommetjiebredie

Waterblommetjies Foto: http://smashingcapetown.blogspot.com/

Waterblommetjies Foto: http://smashingcapetown.blogspot.com/

Voorbereiding: 30 minute en 4 ure kooktyd

Bestanddele:
2 kg waterblommetjies
growwesout
3 groot uie, gekap
150 ml olie
15 ml botter
1,5 kg skaapnek of -rib
3 groot aartappels, in blokkies gesny
sout en witpeper

Metode:
1. Gooi die vars waterblommetjies die vorige aand al in ʼn bak water. Strooi ʼn bietjie growwesout bo-oor en laat dit staan sodat al die vuiligheid kan loskom. Spoel die blommetjies die volgende oggend goed onder lopende water af, breek die harde kroonblare buite-om elke blommetjie af en breek elke blommetjie middeldeur. Blansjeer* die blommetjies.
2. Braai die uie in die botter en olie tot goudbruin, voeg dan die vleis by en braai tot dit ʼn mooi ligtebruin kleurtjie het. Bedek die vleis met water en kook dit oor ʼn matige hitte totdat die vleis van die bene afval.
3. Voeg die blommetjies en die aartappels by en kook tot sag. Geur met sout en witpeper na smaak.

*Blansjeer die waterblommetjies deur dit vir 2 minute in kokende water te dompel en dan dadelik in ʼn bak yswater uit te skep.

WENK: Jy kan ook ʼn bietjie suurlemoensap bo-oor uitdruk net voor jy die borde tafel toe dra.

Hierdie resep is oorspronklik gepubliseer in die boek Makietie deur die Kokkedoor-wenners Tiaan Langenegger & Mynhardt Joubert
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R265-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.