Saktyd: Wie gaan dit maak?

V.l.n.r.: Leveinia Botha, Lilian Strauss, Laura Stopforth, Christiaan Boonzaaier , Jolene Fransman, Tersia Jacobs, Jurie Prins, Jeannie Erasmus, Christian Lee, Astrid Fisher, Elridus Grobler, Leilani Snyman, Leon Flemmer

Op Dinsdag 17 Julie word die eerste episode van Huisgenoot se opwindende nuwe werklikheidsreeks, Saktyd, uitgesaai. Dié reeks is ’n sinergieprojek tussen Huisgenoot en kykNET. Meer as ’n duisend mense het ingeskryf met die hoop om een van die gelukkige 13 deelnemers te wees wat meeding om die gesogte prys: ’n pos by Huisgenoot. Wie het deurgedring? En kan hulle die druk hanteer?

Ontmoet die drie beoordelaars: Haidee Muller, gesoute joernalis by Huisgenoot; die adjunkredakteur Wicus Pretorius en die hoofredakteur, Izelle Venter. Dis hulle wat in elke episode ’n uitdaging aan die deelnemers sal stel. Die take is ontwerp om ’n dag in die lewe van ’n Huisgenoot-personeellid te weerspieël – dikwels vreemd, soms angswekkend en altyd onder druk. Huisgenoot is immers die grootste tydskrif in Suid-Afrika. Die eerste episode sal ook ’n bietjie van die tydskrif se geskiedenis met kykers deel.

Saktyd word Dinsdae om 19:30 op kykNET (kanaal 111 op DStv) uitgesaai. Moenie hierdie unieke binnekykie na die nuuskantoor van Huisgenoot misloop nie!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.