Uitdrukking: ‘n Hondelewe lei

hondelewe

Foto: www.animalieanimali.it

Uitdrukking:
‘n Hondelewe lei

Betekenis:
‘n Ellendige bestaan voer

Waar kom dit vandaan?
Honde is nie die bedorwe huisdiere wat so dikwels in die Weste aangetref word nie. Hulle word/is na bewering deur die Chinese, Koreane en Japannese geëet. Die Engelse het honde vroeër hoofsaaklik by die jag gebruik. Hulle moes buite slaap en baklei vir die afval wat na hulle kant toe gegooi is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sune van Heerden ·

Dagsê R Smit

Dankie vir jou kommentaar. In hierdie geval is dit wel “‘n hondelewe LEI”. Raadpleeg gerus ook die HAT of enige ander spreekwoorde-handboek in hierdie verband.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

jakoos ·

O gaats, jy’s reg. Dit staan so in my HAT. Maar dan gaan dit aan en se^: “Ellendige, ongelukkige armoedige lewe”. En dan is dit HAT se fout want mens kan nie so ‘n lewe “lei” nie, net “ly”. Sal jy vir HAT se redaksie laat weet? Maar ek sien my uitgawe is in 65 gedruk. Dalk het die nuwe HAT dit reggemaak.

jakoos ·

O gaats! Toe kry die taalkenner ‘n les! Ek hoop hy “lei” erg aan die vernedering!

Johan ·

Jy kan n goeie lewe lei, of n bose lewe of n honde lewe lei. In die geval verwys “lei” nie na lyding van die hond nie. So hondelewe lei is volgens my reg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.