Uitdrukking: Tussen die reëls lees

onsigbare ink

Alles wat jy nodig het om ‘n geheime boodskap aan iemand te skryf Foto: http://nsarchive.wordpress.com/

Uitdrukking:
Tussen die reëls lees [na die Engels: read between the lines]

Betekenis:
Gevolgtrekkings maak uit die trant van ‘n teks, nie die letterlike woorde nie

Waar kom dit vandaan?
Vroeër het geheime agente ‘n soort ink gebruik wat onsigbaar was en wat eers deur die ontvanger behandel moes word om dit sigbaar te maak. Suurlemoensap is byvoorbeeld een so ‘n “geheime ink” wat op wit papier moeilik gesien kan word totdat die papier verhit word en die sap verkleur.

As ‘n boodskap net ‘n blanko stuk papier was, sou dit die vyand agterdogtig maak. Die afsender het dus ‘n skynbaar onskuldige booskap geskryf en die geheime woorde tussen die reëls met onsigbare ink aangebring.

Die ontvanger het op hierdie manier die boodskap letterlik dus tussen die reëls kon lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.