Woord:
skamper (byvoeglike naamwoord) skampere of onveranderd skamper; skamperder, skamperste.
Betekenis:
Bitter, geringskattend, minagtend of spottend: ‘n Skamper blik, laggie, verwysing.
Blymoedige mense is van nature nie skamper nie. ≈ Barstende bomme in die onmiddellike nabyheid van sy (Paul Kruger se) rytuig het skampere opmerkings aan die ou man ontlok oor die plofkwaliteit van die “koningin se pille”, soos hy dit genoem het (D.W. Krüger: Kruger II, 1963, 252).
Oubaas Grant en tant Jossie sit in die voorhuis — soos hulle met skamper spot die kombuis-eetkamer noem wanneer daar gaste is (A.P. Brink: Gebondenes, 1958, 23).
Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands schamper
Hierdie interessante brokkie is aan Maroela Media se Taaltoffie verskaf deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.