Woord:
grotesk
Betekenis:
grillig, vreemd
Waar kom dit vandaan?
Uit Italiaans grottesca. Die woord is eers gebruik om tekeninge teen die mure van onderaardse grotte in die ruïnes van antieke Rome te beskryf. Hoekom “grillig”? Toe dié kelders onder die baddens van keiser Titus Vespasianus Augustus (39-81 n.C.) en ander Romeinse geboue in die Middeleeue opgegrawe is, is ontdek dat die mure met bisarre tonele beskilder was. Verwronge menslike liggamsvorms is byvoorbeeld met blompatrone vermeng. Die opgrawings is in die 13de eeu “grotte” genoem en vandaar die naam grotesk.
Dié interessante brokkie is in Anton F. Prinsloo se boek, ‘n Dief aan die kers – skelm woorde deur die eeue gepubliseer.
Uitgewers: Pharos
Prys: R250-00*
* Prys onderhewig aan verandering