Woord: parfuum

Parfuumbotteltjies Foto: By Angela Andriot via Wikimedia Commons

Parfuumbotteltjies Foto: By Angela Andriot via Wikimedia Commons

Woord:
parfuum

Betekenis:
reukwater

Waar kom dit vandaan?
Dié aangename vloeistof het in stinkende omstandighede sy begin gehad. Die eerste parfuums is by offerandes gebruik om die onaangename geur van die brandende vleis teen te werk. Die betekenis was eenvoudig “van rook” omdat aromatiese hout en gom verbrand is wat bolle rook afgegee het (van Latyn fumare “rook”, vergelyk Engels “fume”).

Dié interessante brokkie is in Anton F. Prinsloo se boek, ‘n Dief aan die kers – skelm woorde deur die eeue gepubliseer.
Uitgewers: Pharos
Prys: R250-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.