Moenie die baba met die badwater uitgooi nie

Uitdrukking:
Moenie die baba met die badwater uitgooi nie

Betekenis:
Om so oorywerig te wees om foute aan te toon en uit te roei, dat selfs dít wat goed is, ook verwerp word.

Waar kom dit vandaan?
Lopende water was eens op ʼn tyd ʼn luukse. Daar was nie net ‘n kraan wat jy kon oopdraai om ʼn lekker bad vol water te kon tap nie. Mense moes ver gestap het en emmers water aandra om uiteindelik ʼn sinkbadjie te kon voltap.

So het dit dan gewerk: die baas van die plaas, of die man in die huis het die voorreg gehad om heel eerste in die skoon water te kon bad. Dan het al die seuns en ander manne in die huis gevolg, dan die vroue en dan die kinders. Babas was heel laaste in die ry. Teen daai tyd was die water al só vuil dat ʼn mens so byna iemand daarin kon miskyk. En vandaar het ons die uitdrukking: “moenie die baba met die badwater uitgooi nie!”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.