Video en foto’s: “Lewensreddingsbaadjie” vir ‘n goudvis

‘n Video en foto’s volg onderaan die berig. Leighton Naylor (32) van Blackpool in Brittanje het ʼn lewensreddingsbaadjie vir sy goudvis, Einstein, gemaak nadat hy ʼn siekte opgedoen het wat veroorsaak het dat hy nie meer kon swem nie.

Einstein het glo ʼn siekte opgedoen wat veroorsaak het dat hy onderstebo draai en na die bodem van sy vistenk sink, berig die BlackpoolGazette. “Toe hy nie meer regop kon kom nie, het dit my hart gebreek om hom so hulpeloos te sien. Hy het so depressief gelyk,” het Naylor gesê.

Naylor het vistenkbuisies gebruik om ʼn “lewensreddingsbaadjie” te bou wat hom sou help om hom te swem en te verhoed dat hy na die bodem toe sink.

“Hy het aanvanklik gesukkel met die dryfmeganisme, en het aan die plante en ander toerusting in die tenk vasgehaak. Ek het die tenk egter só aangepas dat hy met sy “gestremdheid” nie probleme sou ervaar nie.”

Einstein se dryfmeganisme veroorsaak egter dat hy nie die oppervlak kan bereik om te voer nie, so Naylor plaas ʼn buisie in die tenk om hom sodoende te voer.

“Mense het al gesê ek is van my sinne beroof, maar elke dier is ʼn gewaardeerde familielid. Ek het al my visse probeer oplei, maar Einstein is my sterstudent. Hy kan selfs deur my vingers swem.”

Die video volg onderaan die foto’s.
[nggallery id=142]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Daleen Janse v Rensburg ·

This is so sweet. I agree an animal is part of the family and myself will also do anything that is possible to safe or help my animals! God bless Leighton for careing so much about his gold fish!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.