Ek weet nie of ek ‘n tradisionele Afrikaner is nie

afrikaner vraagteken

Argieffoto.

Beste redakteur, 

Ek het die laaste paar weke heelwat artikels gelees oor ons stryd as sogenaamde Afrikaners: ons voortbestaan, ons regte, ons taal, die sinnelose moorde op boere en dies meer. Wie is nou wel Afrikaners, wie is uitgesluit en wat maak van ʼn mens ʼn Afrikaner?  Ek gebruik die woord “sogenaamd” nie ligweg nie – kyk na my van, hieruit kan u aflei dat ek nie wegskram of opruk as ek Afrikaner of selfs Boer genoem word nie. Ek is immers presies dit. Ek weet net nie meer of ek deel uitmaak van die tradisionele Afrikaner nie.

Ek kan ʼn plaas onthou teen die Waterberge wat my oupa wel later verkoop het, maar ek weet van vleis verwerk, kleiosse maak, broodbak en ʼn Sondagtafel wat kreun van die kos; met die hele familie daar rondom vergader. My oupa het die seën gevra en ook gedank nadat ons geëet het. Ek weet van Racheltjie de Beer en Andries Pretorius, en kaalvoet oor die berge trek en biltong, respek, goeie maniere, koeksusters, Hertzoggies, Bloedrivier, basaartafels, mielies oes en ʼn goeie pak slae.

Ek voel ongelukkig nie meer deel van die Afrikanervisie en -mentaliteit nie. Ek lees sommige kommentaar op u webwerf en ek wonder oor baie dinge. Die ding wat my die meeste opval is die wyse waarop ons Afikaners so maklik ’n ander oordeel. En hierdie ding om vas te klou aan iets en nie verder te wil dink oor ʼn saak nie.

Die ding met die NK kerk en gays byvoorbeeld. Ek verstaan nie dat gemiddelde opgevoede mense hulle bekommer oor wat in ʼn ander ou se bed aangaan nie. Asof ons nie almal klere dra wat van verskillende stowwe geweef is nie en een sonde so groot soos die ander is nie. Ons wil huil oor die een ding in die Ou Testament en die volgende ignoreer en dan ʼn moewiese ding daarvan maak. Dis tog sinneloos en verskriklik skynheilig. Dis so tipies van die Afrikaner. Baie van ons is van die grootste rassiste onder die son, maar tydens die Groot Trek en ook op die verafgeleë plase honderde jare gelede, het menige wit boer vir hom ʼn vrou van kleur gevat en kinders by haar gehad.

U webwerf het byvoorbeeld die artikel gehad oor minimum dagloon vir ʼn bediende. Die kommentaar was grootliks agterlik en hoe om voordeel daaruit te trek. Ek weet dit is 25 jaar later en baie min dinge in hierdie land verloop soos wat ons graag sou wou hê dit moet, maar regtig! Moet ons nie afstand doen van dit wat ons verdeelde nasie meer verdeel nie?

Ek voel dat ek as individu verby hierdie soort goed beweeg het. Ek wil dogma laat gaan, nie meer in swart-wit kyk nie en iemand wat anders is nie oordeel nie. Veral nie as hulle besigheid niks met my te doen het nie.

Ek praat nie geweld goed nie of ignoreer die swart op wit geweld in my land nie. Ek probeer bande bou met almal wat die goeie najaag. Onder hulle is mense van kleur, motorwagte, tatoeëerkunstenaars, Hindoes ensovoorts. Nie noodwendig mense soos ek of u nie.

Ek het vir lank geglo dat almal wat wit en Afrikaans is noodwendig net die goeie in almal en alles najaag. Maar ek is verkeerd. My ma sê altyd dat mens graag wil glo dat alle onderwysers goeie mense is want hulle onderrig immers ons kinders – maar dis beslis ʼn leuen. Dit was toe en dit is nog steeds.

Elke swart man is nie noodwendig ʼn verkragter nie, al is die statistiek teen hom. Gays is gewone mense – nie noodwendig pervers of pedofiele nie. Alle Moslems is nie terroriste nie en almal met ʼn tatoe is nie ʼn kandidaat vir Pretoria Sentraal nie. ʼn Mens kan mos nie deur hierdie lewe reis met oogklappe aan nie!

En ek is nie pro-geloof van enige aard nie, en weet u wat?  Dis okei. Elkeen kan wees wat hulle wil. Mits niemand of niks skade hartseer of pyn berokken word nie. Ongeag ander se verwysinsraamwerk en lewenservaring het ons nie nodig om deur dogma regeer te word nie en almal wat nie “soos ons is nie” te veroordeel nie. Ons kan onsself wees en nog altyd in ʼn ander se skoene staan of ʼn ander se oogpunt probeer begryp.

Ek is ʼn  Afrikaner en ʼn African.

Wanneer ek lamskerrie kook, koop ek halaalvleis sodat my kollega ook by die werk kan saam eet tydens etenstyd.

Ek het ʼn middeljarige vriendin wat haar man met ʼn jong mannetjie verneuk – al stem ek nie saam nie, bly sy my vriendin.

Daar is ʼn vreeslike gawe Zoeloe-man in die fabriek. Hy is die veiligheidsbeampte en ons werk saam aan sommige projekte. Elke Vrydag by die hek sê hy vir my ek is sy wit girlfriend, dan lag ek en hy lekker en sê hy moet lobola bymekaar kry, ek is nie goedkoop nie. Dis nie “sexual harassment” nie. Dis nie vreemd nie. Dis nie voorbarig nie. Dis ʼn grap en dis ʼn instelling. Hy ry saam met my tot by die stasie. Ek is nie bang vir hom nie, ek wil nie met hom trou nie. Dis net verspottigheid.

As ek by my stoere Boere-tradisies moes hou, behoort ek nie saam met heidene te eet nie en moet ek, soos wat die hoofstroom-Afrikaner sou, wat eintlik ook maar die kat in die donker knyp, my vriendskap met ʼn egbreker beëindig. En dis onvanpas vir ʼn Afrikaner-meisie om te deel in die speelse toenadering van ʼn  Zoeloe-man. So, is ek nog ʼn Afrikaner?

Ek glo nie as ek my graag by die hoofstroom-Afrikaner sou wou skaar, waarvan baie deursnee-lesers van Maroela Media is, sou ek nie welkom wees nie. Ek is nie gelowig nie, ek is gay en ek gee die meeste mense die binnevet van die boud – al is hulle swart / ’n Jood / prostituut  / bergie / dwelmverslaafde ensovoorts. Nie omdat ek liberaal is nie, maar omdat ek kies om te glo in “the greater good of humanity”. Ek probeer die goeie vind op plekke en in situasies waar ʼn mens dit dalk nie verwag nie.

Ek wil nie meer deel wees van die Afikaner wat nié uitreik nie, wat dekade in en dakade uit teen dieselfde oogklappe vaskyk en wat glo hulle weg is die enigste weg. Ek het hulle ontgroei en ek twyfel of hulle my nog sal verwelkom en my as een van hul eie sou tel. En hiermee veroordeel ek hulle nie, ek wil net nie meer saamstap nie.

Wel, hulle voel dalk ek is te liberaal, arrogant en dislojaal teenoor my mense, God en die kerk – of wat ook al. Maar dis hulle reg om so te voel; en om vas te klou aan wat hulle as hul eie ag.

Nietemin bly ek ʼn Afrikaner in my hart, wat sal braai en Afrikaans sal praat, sal sokkie en my liefdadigheidbydraes sal maak, biltong in die garage hang, ouer mense as oom en tannie aanspreek, my ouers met respek behandel en vir my girlfriend blomme koop.

Ek laat dit daar.

Groete

SkarrelKind

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

83 Kommentare

Arno ·

Dis ‘n mening, nie ‘n identiteitskrisis nie. Jy kan mos kies wat jy lees…

Paul dB ·

Ek wil graag kommentaar lewer oor jou identiteitskrisis, maar die foon sleutelbord maak dit moeilik. Sal later by die groot sleutelbord uitbry. Maak jou dan maar reg om my kommentaar te hoor. Voorsmakie, Indien jy ontuis voel, dan is jy waarskeinlik ontuis. Met versigting, selfs so ‘n gevolgtrekking, is nie ‘n deffenitiewe of absolute nie!

Etienne ·

“Skeur jou los van jou eie nasie af en verwonder jou dat die ander nasies nie oormekaar val om jou in te neem nie. ‘n Nasie, net soos ‘n enkele mens, hou nie na sy na-aapsel nie” (C.J. Langenhoven)

Jean ·

“Verwerp God ter wille van jou nasie en brand vir altyd in die hel.” (Jean)

Jean ·

Baie van die afrikaners is hier omdat hulle juis van katolieke onverdraagsaamheid uit europa gevlug het. Koppel dit met ander dinge uit die geskiedenis soos bloed rivier en geloftedag, en die dinge wat jy in jou artikel noem en dis moeilik om te onderskei tussen afrikaner en christen. Jy sien eers die een van die ander as dit kom by daai besluite.

Ware wedergebore christene is in diens van God alleen. As dit toevalig vir nou nog oorvleuel met tradisioneel afrikaner is dit goed. As dienaars van God skielik hulleself as ‘n nasie vind, goed. As die “nasie” dwaal. Tyd vir kies.

Onverdraagsaam is: toe sluit oor jou opinie. Komentaar is dalk net ‘n blik op die bron se siel gaan nie sommer net iemand tot stilstand bring nie. Onverdraagsaam is eers onverdraagsaam waneer dit regtig onverdraagsaam is. “Cross this line and die.”

Om nie ‘n afrikaner te wees nie is ok. Om een te wees is ook ok. God wil dat almal Hom dien en nog meer dat niemand verlore gaan nie. Hy het met sy Bloed betaal sodat jy gered kan word en die hel vryspring. Om Hom te verwerp is nie ok nie. Die res van die afrikaners verdien die hel net soveel as ek, maar ek is verlos. Die ware kwesie, vir jou eie siel se onthalwe is, om te bekeer of nie. Die afrikaner volk sal vergaan, maar jou siel nie.

chrisp ·

Ek is van mening dat die Afrikaner(tradisioneel as jy wil dan)die ware liberaal is en nie die “nuwe Afrikaner liberaal” waarvan jy jouself deel ag nie. Die vryheid van mense en keuse word tradisioneel nog altyd deur die Afrikaner(Boer) nagestreef,soms deels onregverdig maar wel tog. As jy “gay” is en die kerk stem nie met jou leefwyse saam nie stig jou eie kerk,as jy Afrikaans is gaan leer by Afrikaanse instellings as jy wil.Moet nie na Wits toe gaan wat jy weet Engels is en nou aandring op Afrikaans nie .Dit is mos juis die teenoorgestelde van liberalisme?

Verder is jy reg jy sal nie inpas by die hoofstroom Afrikaner nie en dit is reg so vir jou en vir my, vryheid van keuse(liberalisme).Moet egter nie nou kom en ons Afrikaners probeer dwing om te verander na jou”liberale” Afrikaner nie.Ons wil nie, gee ons die reg daartoe net soos ons jou die reg gee om nie deel te wees nie.

Jy maak baie aannames oor afgelee plase lank terug kan jy asb voorbeelde gee.Nie uitsonderings nie.Volgens jou stelling sou daar mos baie meer Kleurlinge in die ou TVL moes wees as wat daar vandag is.Maar waar is die meeste van die Kleurlinge?In die kaap het hulle toe perdalks terug getrek?

Ek laat dit maar eers hier daar is werklik baie swak stellings in jou stuk maar baie van die lesers hier sal jou daarop wys.

SkarrelKind ·

Die blote gedagte daaraan dat ‘n witman op ‘n plaas 300 jaar gelede vir hom ‘n vrou van kleur kon gevat het, is vir jou net te veel om te sluk. Of ek ‘n voorbeeld kan gee of nie.

Ek aan die anderkant is amper seker daar is nie net “wit” in my nie – ek “tan” al te mooi bruin in die somer en dat ek waarskynlik nie uit ‘n 100% wit bloedlyn kom nie, pla my glad nie.

Ek wil nie ‘n ander kerk stig nie. Nie vir gays of straight mense nie. Ek gaan nie kerk toe nie. Dis tyd mors. Dié stelling sal jou moontlik laat agteroor val in jou stoel nie waar nie?? Want Afrikaners gaan mos grotendeels NG Kerk toe?

Jou stelling “daar is baie swak stellings in jou stuk” is ook ‘n swak stelling. Dit sê net mooi NIKS nie chrisp.

Jy verteenwoordig die onverdraagsame Afrikaner waarna aek verwys.

PierreB ·

Is jy bang jy’t dalk bietjie swart bloed? Ek het nuus vir jou, as jy (net) europees van oorsprong is het jy waarskynlik tussen 2% en 3% neandertal in jou, wat sê jy daarvan?

Gerhardt ·

Ek stem dat ons kan doen met bietjie meer “leef en laat leef” en “doen aan ander soos jy wil hê hulle moet jou behandel”. MAAR dit is presies die sg tradisionele Afrikaner se probleem, ander groep veroordeel ons deurentyd. Bv Is een of twee onbeskaamde Afrikaanse Universitiete so baie gevra?

Reinhardt ·

Ek kan my oë nie glo nie. Nogsteeds is die kommentaar walglik nadat SkarrelKind haar opinie gedeel het. Ek stem 100% saam met alles wat sy sê en dis kommentaar soos dit wat my skaam maak om myself Afrikaner te noem.

Eerlikwaar, en ek vra dit met opreg, hoekom gee almal so om of sekere mense van dieselfde geslag hou? Wat maak dit saak? Irriteer dit julle? Want ek verstaan dit glad nie. Afrikaners is lief daarvoor om te se swartes is dom omdat hulle dom klink wanneer hulle Engels of Afrikaans praat. Maar besef julle dat Engels en Afrikaans hul derde tale is? Kan jy Xhosa praat? Nie so gedink nie. Ek is ook seker jy gaan nie baie intelligent klink as jy dit prober praat nie.

Moet my nie verkeerd verstaa nie, k is erg pro-Afrikaans. Net Afrikaans, die taal, nie die witman nie, nie die geloof nie, slegs die taal. Maar helfte van die Afrikaners waarmee ek tedoen kry is die grootste rassiste onder die son. Dit is nie nodig om Afrikaner te wees en ander te haat nie, ons kan Afrikaners wees en goed oor die weg kom met alles, Baklei vir jou Afrikanerregte, maar nie ter nadeel van ander nie.

SkarrelKind ·

Dis lekker dat iemand verstaan wat ek probeer sê sonder om ombeskof te wees. Dankie Reinhardt.

Realis ·

Totdat die werklikheid jou eendag soos ‘n vuishou tussen die oë tref.

PierreB ·

Realis [en ook Reinhardt (Don’t judge a book by its cover?)]
Watse werklikheid praat jy van? Ek is ook ‘n trotse wit afrikaans sprekende, maar het geleer dat die hele wêreld nie om afrikaners draai nie, al dink ons so. Ek het al saam met afrikaners, kleurlinge, swart mense, engelssprekenede suid afrikaners, engelse, indiërs, pakistanis, nigeriers, franse, duitsers, ‘n argentyn, ‘n nepalees, skotte, walliesers, iere, irakis, ens ens gewerk en gekuier. Die wêreld is groot en orals kry jy aangename mense en nare mense, mense met wye denke en eng mense, vriendelike mense en mislike mense en natuurlik al die skakerings tussenin. Ek dink skarrelkind verdien ook ‘n plekkie in die son, net soos ek en jy.

Skarrelkind,
Ek dink jy’s bakgat. Lewe jou lewe soos jy wil.

PierreB ·

Sorry Reinhardt (Jou naam pas by jou skrywe), ek bedoel eintlik crisp.

SkarrelKind ·

PierreB jy is ‘n VERLIGTE, wit Afrikaans sprekende Afrikaner. Dankie.

rietrot ·

Morele standaarde bestaan vir ʼn rede. Dis so maklik om te sê ons moet ons monde hou. As twee mans mekaar se tande borsel met hul tonge in die openbaar, en kinders sien dit… HET JY N IDEE wat dit aan hulle doen? Verstaan jy die begrip daarvan… Daardie arme ouer het letterlik nie geweet wat om te sê. Ek het nie nodig om ʼn Afrikaner genoem te word om standaarde te hê nie. Daar is reg en verkeerd en jy moet baie versigtig wees om dit net te laat vaar.

Arno ·

Ek het dit nog NOOIT teengekom nie. 99% gay mense respekteer ander en sal skaars aan mekaar vat in die openbaar. Met al die gemors op TV waarna jou kinders kyk, sal jy nou oor so iets bekommerd wees.

SkarrelKind ·

rietrot – ek sou ook nie wou gehad het kinders moet dit sien nie. Maar dit is nie ‘n algemene ding nie. Net soos hetroseksuele mense hulle regtig sleg in die openbaar kan gedra, kan gay mense dit doen. Mens moet dan maar mens se kinders reghelp en verduidelik, dan nie? Niemand sê jy moet stilbly daaroor nie. Standaarde is jou reg, niemand sê gee dit op nie.

rietrot ·

Ek gaan nie vir mense loop sê wat hulle mag en nie mag doen nie. As ʼn stok-ou-man aan ʼn 19 jarige hang by die dobbelhuis. Wat kan ek sê. Sy is daar vir haar rede hy is daar vir sy rede. Selfde geld vir jou oriëntasie. Gaan mal… Elke persoon het sy sonde en dinge. Maar mens kan ander besluite ook neem. En dis waar elkeen ʼn lyn moet trek. Waar stop ʼn mens?

CJJ ·

Baie dankie. Goeie artikel.

Ek stem met baie saam.

Die eerste 3 komentare bewys net weer, dat die Afrikaner nie bymekaar kan staan nie. Ons is so besig om mekaar se opinies uit mekaar te ruk en te veroordeel, instede om verdraagsaam te wees met mekaar. En te kyk na dit waar ons wel dieselfde stem oor dinge.

Ek is n Afrikaner, ek voel alles wat in my land en met my mense gebeur,want ek het self deur n paar van die vreeslike goed ervaar. Maar, ek glo ook dat mens vashou aan jou geloof en was die uiteindelike boodskap nie dat mens liefde in jou hart moet he vir jouself en jou naaste nie?

Daarom leef ek ook met “kindness”. Die afrikaanse woord is so mooi – VRIENDELIKHEID.

Ek is seker as ons ophou om mekaar te bekyk en te wil oortuig en eerder net vriendlikheid betoon, selfs al wanneer iemand dit moontlik nie verdien nie, sal jou eie lewe, vreugdevol wees.

Kom ons gee mekaar die spasie om te wees op die beste manier wat ons kan wees en laat elkeen toe om op sy dag self by die oordeel verantwoordelikheid neem.

Theo ·

Dankie ,ek dink dis goed gestel.Ek beskou myself as ‘n Afrikaner ,maar daar is regtig ander Afrikaners waarmee ek nie wil meng nie.

Piet ·

Verskeidenheid is deel van elke volk.
Daarom hoef jy nie uitgesluit te voel nie.
Jy is ‘n Afrikaner.

Bok-Bok ·

Mooi gesê, my broer Piet, mooi gesê. Weet jy wat is Bromance – wel, ek is lief vir jou my broer – as jy so praat en so dink en die pad so loop is ek bitter lief vir jou.

Burnmeister ·

Dankie Skarrelkind

Jy sal verbaas wees om te hoor hoeveel Afrikaners (miskien selfs die meerderheid?) soos jy voel. Onthou, ons mense wat ons wend tot kommentaar onder artikels is verseker nie verteenwoordigend van die breër Afrikaner samelewing nie. Ons is dikwels mense wat baie sterker voel oor sake as ander.
Ek bly ‘n trotse Afrikaner en sal stry vir ons groep se behoud en welvaart (solank dit net regverdig gebeur). Daarom stem ek saam met jou – ‘n bietjie meer nederigheid van sommige Afrikaners (miskien ook ek) teenoor ander groepe sal ons baie verder bring as ‘n ‘heiliger-as-jy’ houding. Niemand hou van ‘n arrogante persoon nie, nog minder van ‘n arrogante volk.

Liefdegroete
B

JohanT ·

Ek is ‘n Afrikaner. Ek sien ons as ‘n nasie. Ek kan met ander oordie wegkom. Of mense gay is of nie maak geen verskil. Ek weet dat ander nasies, Europees of van Afrika en elder my nooit as een van hulle sal sal sien nie. Bloot omdat ek nie een van hulle is nie. Niks vout daarmee nie. Ek sal altyd vir my eie mense uitkyk soos baie ander. Ek wens net my eie mense wil op hou om hulle eie mense uitmekaar te ruk oor twak soos gay wees ens.

SkarrelKind ·

Hi, ek is mal oor julle kommentaar. Die meeste hiervan staaf eenvoudig net weer eens my punt. Afrikaners is oor die algemeen overdraagsaam.

Ek ek is ook altyd verbaas oor die aannames wat sommige lesers sommer self maak.

In elk geval, dankie dat julle my artikel gelees het.

En ek ly aan ‘n identitietskrisis in die sogenaamde reënboogland. Dit is presies wat ek probeer sê en ek is nie skaam daaroor nie. Ek is bekommerd daaroor.

mooi dag vir julle

Arno ·

Ek hoop eintlik Maroela Media neem die kommentaar weg (soos News24 gedoen het). Ek stem heelhartig saam met SkrikkelKind. Ek kan my ook nie meer vereenselwig met die Afrikaner nie. En as jy ooit bewys soek daarvan, kyk net na die kommentaar wat op haar artikel gelewer word.

Piet ·

Haai foeitog Arno.
Elke leser het ‘n reg en ‘n opinie. Indien dit te moeilik is om met die werklikheid en gepaardgaande hitte/verskille saam te leef, moet jy miskien die kombuis vermy.

Brand ·

Elkeen het sy opinie, en ek mag nie met 100% met alles saam stem nie, maar ek verstaan wat jy probeer se en dit is is net vir my so snaaks dat as ons nie saam met iemand stem nie daardie persoon afgekraak word. Ek dink baie mense voel dieselfde en dit is ‘n dapper brief.

SkarrelKind ·

Brand en Arno – dis presies wat ek bedoel. Kan ons net verdraagsaam wees en mekaar aanvul en nie afbreek en oordeel nie?

chrisp ·

Ek sien van die mense hier verstaan nie.

Die Afrikaner kom mos met sekere eienskappe almal weet dit .Indien jy nie deel van daardie groep se einskappe is nie is jy mos nie deel van die groep nie.Wat is so moeilik?Nou voel jy verontreg omdat jy nie deel van die groep is nie en wil nou daardie einskappe na jou eienskappe verander maar nou is ons weer verontreg en skryf ook ‘n stuk oor ,Ek weet nie of ek ‘n nuwe Afrikaner is nie? Maak dit sin?
Die Afrikaner of dan tradisionele Afrikaner is mos ‘n groep as jy nie deel van die groep is nie hoekom is jy skaam vir die groep?

SkarrelKind ·

Chrisp – ek verstaan nie? Veral nie die skaam deel nie? Want ek is nie skaam nie – jy maak ‘n aanname. En ek wil niks na my sin verander nie – ek dink net verdraagsaamheid is ‘n goeie eienskap vir enige groep. En baie Afrikaners in ongelukkig onverdraagsaam. Kyk na baie van die kommentaar hierbo?

Reinhardt ·

Ek is skaam om saam n groep geïndoktrineerde rasiste te assosieer. Gaan jy volgende voorstel dat ek moet sokkie? Moet ek sommer Kurt Darren ook luister terwyl ons besig is? Of mag ek maar my eie mens wees? My eie vorm van Afrikaner? Ek is skaam want julle gee vir die res van ons n slegte naam.

Henry ·

Soos jy, is ek ook ‘n Afrikaner.
Is ek ‘n African? Nie in jou dag des lewens nie my chaaina!!! Ek is ‘n Afrikaner van Europese herkoms (Duits en Iers) wat nou in Afrika woon. Hierdie droewe vasteland is ‘n African se heimat, nie myne nie.
My voorouers was soos joune – immigrante. Immigrantebloed bruis deur my are, soos dit die geval in miljoene ander Afrikaners s’n is. Daarom is daar reeds derduisende wat hulle in Australië en waar ookal op hierdie planeet bevind, wat algaande alhoe kleiner geword het.
Ekself het die geleentheid gehad om vir 14 jaar in verskeie wonderlike plekke in die buiteland te woon en te werk.
Bly om terug te wees en tussen ander piete te woon, wat my taal praat.
Soos die geval met alle volkere in die wêreld, is Afrikaners ook nie ‘n homogene spul siele nie, al wil sommiges dit in ons kele prober afdruk.
Ons VERSKIL van mekaar. Sommiges is Christene, andere nie. Sommiges pas makliker aan by omstandighede, andere nie, sommiges is gay en andere is sommer van nature vrolik en bly, ens ens ens…
Kan voortgorrel hieroor tot al oorle’ Oom Daantjie se kallers in die kraal is, maar een ding staan soos ‘n paal bo water. Wanneer jy sê dat jy ‘n Afrikaner is en wil wees, is jy my soort Afrikaner.
En niemand, maar niemand sal vir my loop sê dat ek nie ‘n Afrikaner is nie. Ek is.

SkarrelKind ·

Henry, jou skrywe het my laat glimlag, dankie vir die kommentaar.

Corné ·

Dink heelwat van ons “jonger generasie” (Ek is nou 21) Afrikaners stem 100% saam. Dankie Skarrelkind!

SkarrelKind ·

Dankie Corné – ek is nou wel nie deel van die jonger generasie nie (43) maar ek bly jy verstaan en verdra ten minste.

Reinhardt ·

Stem saam Corné, ek is nou 26 en ons almal voel so. Ek dink die ouer generasie moet bietjie Fokofpolisiekar se lirieke deurlees om te verstaan.

Poplap ·

Haai Reinhartjie!
Ek’s bly dat die karre se lirieke jou gehelp om wat ookal te verstaan.
:-)

chrisp ·

Skarrelkind.

Jammer ek skyf so bietjie deurmekaar dit is eintlik ‘n antwoord op Reinhardt.

Fanie ·

Skarrelkind. Soos jou naam sê skarrel ons afrikaners in hierdie tyd van ons geskiedenis net rond en voort.
Al wat jy eintlik sé is ons is en bly mense. Almal van ons. Hetsy jy ‘n gay, Afrikaner, Xhosa, Zoeloe is. Maak nie saak wat jou morele waardes, geloof, en oortuiginge is. Ons is en bly almal maar net sondaars!!
Ons moet vrede maak met die feit dat ons ‘n reënboognasie is in hierdie land. En wat jy ook sé, Skarrelkind, is ons kan almal saam in vrede lewe.

Cherie ·

Skarrelkind ek deel die meese van jou sentimente. Ek dink jou identiteit is meer vas as baie ander opregte Afrikaners. Ek deel nie jou geloofsiening of seksualiteitsiening nie, maar ons ou volkie het beslis vasgehaak en groei lankal nie meer in Christenskap , polities of sosiaal nie.

SkarrelKind ·

Dis ‘n riem onder die hart dat ten spyte van hoe ek en jy verskil, ons dit kan bespreek en op ander vlakke in die algemeen kan saamstem. Dankie Cherie.

Chris Lombard ·

Kyk net hoe lekker speel ons woord assosiasies. Die koppeling van “slegte” begrippe aan identiteit, nie aan mense nie:

So word “Afrikaners” rassiste, nie party mense wat ook toevallig Afrikaners is nie.
So word “Afrikaners” hoereerders, nie party mense wat ook toevallig Afrikaners is nie.
So word “Afrikaners” hipokrate, nie party mense wat ook toevallig Afrikaners is nie.

En dan, jy oordeel niemand nie, nie “gays” nie, nie “swart” mense nie, nie mense wat verkul nie, “anything goes”. Behalwe “Afrikaners” natuurlik, hulle oordeel jy so n bietjie, of is dit n bietjie baie?

Elke mens staan voor n keuse en elke mens gaan uiteindelik self (nie as groep nie) voor Jesus staan om rekenskap van sy lewe te gee. Die oordeel kom ons nie toe nie, maar Jesus is baie duidelik daar oor dat ons God se wil moet doen.

Dit beteken dat Christene die 10 gebooie moet volg en voorop stel, nie die “Grondwet” nie. Gee aan die Keiser wat hom toekom, maar moenie dit gebruik om jou morele kompas te wees nie. Ons moet nie Griekse filosowe stel bo God se word nie, nie Romeinse reg bo god se woord nie. “Anything goes” kan nie gerekonsilieer word met Christenskap nie

Om al hierdie te doen is nie maklik nie, en dit word al hoe moeiliker. Maar God het vir ons n Kerk gegee om ons te help. Vol broeders en susters wat ons help en onderskraag. Die Afrikaner volk is een van die min volke wat uit hierdie Kerk ontstaan het.

Die vraag is wat wil jy bereik met jou skrywe? Dit is vir my duidelik dat jy slegte begrippe, soos bo verduidelik wil koppel aan Afrikaner identiteit. Dit moet nie “cool” wees om n Afrikaner te wees of te wil wees nie. Wanneer genoeg mense dit genoeg keer herhaal, word die sosiale prys hoog om te erken dat jy n Afrikaner is, of wil wees. Jy is besig in die proses om n sosiale “taboo” te skep. Jy hoop daarmee om Afrikaner identiteit te breek en daarmee saam die groep.

SkarrelKind ·

Chris, dankie vir die komentaar. Ten minste is jy nie ombeskof nie. En ek verstaan dat dit dalk vir jou klink of ek oordeel, maar dit is glad nie my bedoeling nie. Jy mis die punt dat ek ‘n Afrikaners is en wil wees. Hoe jy by my afbreek van die Afrikaner identiteit uitkom, sal net jy weet? Ek vra dat Afrikaners meer gemoedelik moet wees teenoor mense wat “anders ” as ons is. Ek wil niks aan jou God of gebooie of morele waardes verander en ‘n lewe van “anything goes” toe laat nie. Lees beter: Ek sê tog duidelik dat mens se keuses nie ander moet benadeel nie en ander in ag moet neem.
Hoe is dit “cool” – soos jy daarna verwys – om ‘n ander se sienswyse in ag te neem? Dis verdraagsaam en getuig van volwassenheid. Jy hoef nie ‘n Hindu te wees om ‘n Hindu se geloof te respekteer nie?
Ek is nie gelowig nie – en die 10 gebooie is beslis nie die beste morele kompas nie – dit verwys nie eers na verkragting nie – en dis is tog ‘n bose ding om te doen.
Ek verwys na algemene vedraagsaamheid en dat ons minder agterlik reageer as iets nie in ons Boere se “wetboek” voorkom nie.
Jou Bybel praat tog immers van verdraagsaamheid en vriendelikheid en liefde?

SkarrelKind ·

Hermanus die bul jy kan as jy wil, en toe hy dit regkry om oor die vreeslike hoë draad te spring, toe word dit Hermanus jou os, jy kan nou maar los! He-he ….

Bok-Bok ·

Skarrelkind – jy’s ‘n kind so na my hart. ‘n Afrikaner en ‘n Afrikaan – gevestig in die moderne oomblik met oë wawyd oop. Doet so voort en praat jou praat, loud and clear. Moenie askies vra omdat jy dink jy is anders nie – jy is nie. Jy is net jy en jy dink en jy trek ander se skoene aan en stap in die stofpad, teerpad, smalpad, breëpad daarmee. Jy is die Afrikaner wat ek is en waarop ek trots is – Afrikaner in Afrika – Afrikaan.

SkarrelKind ·

Afrikaan – ek het iets geleer, dankie vir die gawe woorde Bok-Bok.

Chris Lombard ·

@skarrelkind

Jesus definieer, of altans bevestig die algemeen aanvaarde definisie van liefde (daardie tyd), deur n opsomming van die 10 gebooie te gee, waar Hy die eerste 4 gebooie gelykstel aan Liefde tot God, en die laaste 6 gebooie gelykstel aan liefde tot jouself en jou medemens.

Dus, wanneer Christene van liefde praat, is dit nie n gevoel nie maar n werkswoord. Daar is seker goed wat ons moet doen en nie moet doen nie om liefde in die wereld te openbaar nie.

Jesus het in Mattheus 5 van hierdie Gebooie verder uitgebrei en in Matt 5:28 verduidelik Hy die gebod so:

“Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat na ‘n vrou kyk en haar begeer, het reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg.”

Die maatstaf vir Christene is dus duidelik baie strenger as net verkul of verkrag, maar sluit dit definitief in.

Ons weet ook ons kan nie die Wet vervul nie. Net Jesus kan en het. Maar dit bly steeds die maatstaf, die kompas waarna ons streef.

Elke “groep” het sy moraliteit en ontwikkel ook sy eie taal (aksent) en gedrag (kultuur) om uiting te gee aan sy moraliteit. Ons sien dit met Kaapse vlakte “gangs”, “Goths”, “hipsters” of selfs net vriende groepe by die skool. Indien jy deel wil wees van n groep, moet jy kan identifiseer met die moraliteit van die groep. Afrikaners se moraliteit kom grotendeels van die Bybel af. Jy kan nie deel wees van n groep as jy nie die moraliteit van die groep aanvaar nie.

SkarrelKind ·

So Chris, eintlik, as ek nie ‘n Christen is nie, kan ek ook nie ‘n Afrikaner wees nie?

Ek hoop jy sê Ja – want dit is presies my punt. Dis gewone onverdraagsaamheid, want daar is ‘n hele paar ander dinge wat ek en jy as Afrikaners in gemeen het wat van ons Afrikaners maak.

Ons voorouers het harde klippe gekou sodat ek en jy hier kan wees. Kan ons nie nog steeds saam staan ten spyte van ons kerk verskille nie? Dit sou verdraagsaam gewees het, na my beskeie mening.

naam ·

Leef en laat leef.

Maak jou vriendelikheid goedkoop, maar jou vriendskap duur.

Skandelike misdrywe is al in die verlede regoor die wereld bedryf in die naam van ‘n groep, in die naam van ons versus hulle. Sulke redenasies hou nie water nie, fokus eerder op die individu. Elke mens is ‘n entiteit op sy eie.

Dit gaan vir my oor waardes, die strewe daarna om die regte ding te doen. Wat vir my die meeste uitstaan in die skrywe is snaaks genoeg nie die groepe wat mekaar kasty nie, maar die verneukery. Ja, dis ‘n algemene ding. Baie mense doen dit. Elkeen is die argitek van sy of haar eie lewe. Maar die deler is so goed soos die steler. As dit my vriendin was, sou dit die “ambiaans” van ons verhouding met mekaar beslis geaffekteer het.

Marike ·

Beste Skarrelkind,

Ek antwoord graag op jou brief in ‘n baie liefdevolle en verdraagsame manier en ek hoop dit is hoe jy my kommentaar opneem.

Ja – die afrikaner het baie verander oor jare. Nie omdat ons noodwendig wou nie, maar omdat ons nie altyd n ander keuse gehad het nie. Ons is omskep van n volk wat trots was oor wie ons is na n volk wat verskoning moet vra voortdurend vir wie ons is.

Wat ek wel optel uit jou brief – en help my reg as ek verkeerd verstaan – is dat jy aanstoot neem oor afrikaners wat mense wie nie inpas in die tradisionele manier van afrikaner wees nie – oordeel. Ek verstaan nie hoe jy hulle kwalik kan neem nie?

Dit is deel van ons kultuur om hetroseksueel te wees. Dit is deel van ons kultuur on na n Christelike kerk te gaan en ons geloofsoortuigings (hoe veroordeeld dit mag voorkom) uitleef.
Sien – vir my om n Afrikaner te wees beteken om nie omverskoning te vra omdat ek die optrede van homoseksuele mense oordeel nie. Ek vra ook nie omverskoning omdat ek vashou aan my opvoeding, kultuur en geloof in in Algemene Christelike Kerk nie. Ek vra ook nie omverskoning omdat ek nie ons sekuriteitswag elke dag trein toe ry nie. Ek vra nie omverskoning omdat ek nie halaal kos maak vir my kollegas nie. Dit is my kultuur. Ek dring aan op my kultuur want dit is wie ek is.
Dit is my geskiedenis, my nalatenskap en dit is hoe ek my kinders sal grootmaak.

Ek sal ook aanhou om hierdie dade te oordeel – let wel, die dade, nie die mens nie – want dit is wat my geloof vir my leer (Tess 5:21).

Laastens, ek glo so sterk in my kultuur, geloof, taal, seksualiteit, ens dat al verander die wereld om my – al wettig die VSA en die wereld gay huwelike in al hulle state, al streef ons na vrede tussen ons land se volke, al doen ons al die goed wat jy genoem het in jou brief, beteken dit nie ek hoef saam te verander nie. Dit maak nie van my n mindere mens nie. Dit maak nie my kultuur swakker nie. Dit maak my nie minder trots om te wees wie ek is nie.

In daardie opsig is jy heeltemal reg – jy is nie n tradisionele afrikaner nie. Maar dit is nie die tradisionele afrikaner wat jou weggestoot het nie. Jy het self daardie keuse gemaak.
Ek hoop jy bereik ‘n punt waar jy nie die tradisionele afrikaner kultuur blammeer vir jou keuses nie, maar dat jy vrede sal vind in die gevolge van jou keuses.

Groete

Leonard van der Dussen ·

Die feit van ‘n blanke, westerse volk aan die suidpunt van Afrika maak eintlik nie sin as jy net fisies na die wêreldkaart kyk nie. Die doel van hierdie volk is lig in Afrika, die verkondiging van God se Woord, en meer spesifiek spesifiek die gereformeerde belydenis van Dordt, waarmee Jan van Riebeeck vars geskool was (Sinode van Dordrecht was 1618/19 en Jan van Riebeeck het in 1652 aan die Kaap geland) en wat later versterk is deur die aankoms van die Franse Hugenote.

As die Afrikaner sy rug draai op God en die waarheid, soos mense in Afrikaans hier doen, verval sy bestaansrede en moet ons nie seën en voortbestaan verwag nie.

As God anders wil, sal die geskiedenis weer eens geskryf word deur die gelowiges wat wel vasstaan in hulle roeping, en nie die lasteraars en heidene wat hier in ‘n taal, Afrikaans, wat grotendeels rondom die Bybel en die behoefte aan die Bybel in eie taal sy formele beslag gekry het, God ontken nie. As God wil, sal die Afrikaner voortbestaan om sy roeping voort te sit, maar as hy sy roeping versaak, sal God hom vernietig as ‘n volk wat Hom tot in ‘n openbare gelofte ken, maar Hom nie wil dien nie.

Ek is nie skaam vir my afkoms en Afrikanerskap nie; ek het niks om namens my voorouers of myself om verskoning voor te vra oor die ordelike bestuur en regering van ‘n land wat as gevolg daarvan aan die opkom was en inderdaad al ‘n ontwikkelDE land was nie; maar ek is skaam dat daar in Afrikaans oor God en geloof gepraat word asof dit maar ‘n saak van politieke en sosiale willekeur is, asof dit soos menslike filosofie maar rondgegooi kan word.

Afrikaans beskik oor ‘n buitengewoon sterk en mooi woordeskat juis om die gereformeerde belydenis uit te druk, en het vir baie jare as ‘n bewaarplek gedien waar die dwaalleer min vat gekry het. Nou praat ons oor Afrikaans asof dit maar mensewerk en iets goedkoop is.

Nee, dit mag nie. Ons erfenis wat ons moet bewaar lê nie ten eerste in standbeelde, monumente en heldedom of die feit dat ‘n klein volk die enigste noemenswaardige moderne taal tot stand gebring het in die afgelope eeue nie. Ons geloofserfenis en die eer van God is waarvoor ons moet leef.

Jean ·

Sjoe!

Terwyl almal so rondskarrel in die bak water vir die laaste pêrel kom Leonard van der Dussen en hou dit omhoog.

Dankie.

SkarrelKind ·

Jean, nie vir my nie. Ek het eintlik maar net oor vedraagsaamheid geskryf en of Afrikaners verdraagsaam is of nie – nie die gerformeerde belydenis of dwaalleer nie. Om ander mense se andersheid te aanvaar – al stem ons nie saam nie.

Henry ·

Haai ek weet darem nou nie van enige geskarrel in ‘n bak water nie. Vir seker die laaste plek waar jy enige hoop het om op ‘n pêrel af te kom.
Hou gerus by verdraagsaamheid en los maar die ge-prekery vir ‘n meer toepaslike geleentheid.

Koos ·

Dis tog eenvoudig. Indien jy wit is en Afrikaans praat is jy ‘n Afrikaner. Jy voel dalk bietjie verstote weens jou geslagsvoorkeur, maar dis maar in alle etniese groepe so ( in mindere en meerdere mate). Nataniël is een, Hendrik Verwoerd was een, Gert van Rooyen ( berugte pedofiel) was een, Charlize Theron is een, Johan Rupert is een. Ons is divers.

Anni ·

Skarrelkind, jys braaf. Dankie. Jy se so baie dinge wat ek al lankal voel maar nie die moed het om die kommentaar te kry wat jy gekry het nie. Ek is ‘n Afrikaanse, Suid-Afrikaanse vrou van Afrika. Ek is ‘n Christen, nie gay nie en kom ook uit ‘n tradisionele Afrikaanse gesin en eks trots op my volk se geskiedenis. Ek wens ook net, soos jy, dalk almal wil erken daar is plek vir ons elkeen onder die son. Ons hoef nie saam te stem nie, dieselfde te dink nie, maar ons kan vriende wees of verdraagsaam teenoor mekaar. Ek lees van die kommentaar en baie van hulle snedige opmerkings beaam daardeur net presies wat jy se.

cherie ·

Ek dink Marike is reg- dit is nie tradisionele Afrikaner wat jou weggestoot het nie, maar ek dink wel dis die witgepleisterdes wat die Afrikanerwetboek DIE wetboek gemaak het om hul eie sondige uitkyke te dien.

Bravo Anni!

Peter ·

EK is dankbaar daar is nog mense wat kan dink vir hulself en nie bang is omte se wat nodig is om te se. Ek stem nie saam me alles nie maar ek kan my self vereenseldig met wat jy se. Wat my hart so seer maak is dat nie Afrikaners al die Afrikaners onder die selfte borsel skeur weens n klein groepie mense wat so n selgte uitsig het. As dit beteken ek moet godsdienstig wees, moet oor elke ding kla wat in Suit – Afrika verkeer is elke dag, moet op tree soos wat die meste mense in die komentaar se en maak of ek beter is as engine ander nasie in Suit – Afrika dan is ek bly hulle sien my nie as i Afrikaner nie. Ek will net vir die groeppie mense vra dat hulle net vir die ander nasies se dat ek is nie n Afrikaner nie volgens hulle nie, want vir een of ander rede se hulle ek is en sal altyd een wees.

irving de swardt ·

Chris,jy het goed geantwoord.Kind van die Here en die Evangelie van Jesus Christus duisendmaal eerste. Daarmee saam die vrugte van die evangelie liefde,vriendelikheid,barmhartigheid,goedheid,vergewensgesindheid,vrede,maar ons weet sonde kleef nog aan ons—erfsonde netso ook die gays se sonde. Ons moet mekaar vergewe en alle mense liefhe,maar geen sondaar—gay of andersins mag hul sonde uitleef nie. Of dit egbreker,hoereerder is of dief——jy as ware Christen sal en moet halt roep en so iemand aanspreek en bestraf. DIT IS TUG EN NIE KRITISEER of DIE BALK PROBEER UITHAAL NIE.Jy as Christen sal dit doen om die lig in hierdie bose wereld te wees. Na jou christenskap kom die wereld en jou kultuur deur God toegelaat toe hy uit een bloed alle nasies geskep het en hul rense vasgele SODAT HULLE GOD KAN SOEK (Handelinge17:26-27) Hierdie verwysing asook die in Deutronomium word mos deesdae ignorer in ons aardse soeke na Vryheid,gelykheid en broederskap Wat se ek Warrelkind? Niks op aarde mag jou geloof in Christus en die Heilsboodskap ondermyn of agterstel nie. Ons is almal sondaars en Jesus soek ons almal.Maar,ons sondes moet belei word en niee volhard nie,ons mag aan ‘n volk behoort deur ons DNA of vrywillig. Hoe ‘n goeie volksman jy is,is jou vrye keuse,maar dis nogal moeilik om tsv DNA NIKS te wil wees nie. Dit moet moeilik wees—ek is jammer (nie bejammer nie) vir jou.Gays se hele persoonlikheid skyn vredeliewend en gaaf teenoor alle mense te wees. Wees verdraagsaam teen mense wat nie jou problem het nie. Dit is moeilik
om julle situasie te verstaan. Ek verwelkom jou as ‘n mede skepsel van God ,netsoos ek vol sondigheid(lees Paulus in Rom7;;24) is en vergifnis moet soek en nie in die sonde bly le nie
Warrelkind,jy is soekend wat wonderlik is—-jygaan jou antwoord net by jou Skepper vind. Baie voorspoed en geluk–ek bid vir jou

SkarrelKind ·

Dankie vir jou skrywe Irving. Ek doen nie sonde nie. Dis nie sonde om vir ‘n mens regtig lief te wees nie. En net met een mens seksueel te verkeer nie. Dis nie sonde om as sy hartseer is haar te vetroos en as sy moeg is om die aartappels te skil of haar huiswerkies ook te doen nie. Of haar kar te was en haar R80 te spaar nie.

Ek kan deur enige mens getug of bestraf word, as ek iets verkeerd aan mens, dier of planet doen. Maar ek doen nie.
Ek weet jy bedoel goed met jou skrywe – maar ek gaan nie die Skepper hieroor nader en jammer sê nie.
Ek maak in die algemeen ‘n redelike positiewe bydrae tot die lewe. Ek is gelukkig soos wat ek is.

Dawie ·

Skarrelkind, welkom by die moderne Afrikaner volk wat bereid is om ons voortbestaan in hierdie land te verseker. Hulle veroordeel niemand en aanvaar mense nes hulle is. Ek is al lankal met oop oë deur die lewe en sien wat om ons aangaan en weet ons moet saamstaan al verskil ons van mekaar. Ons is trots op julle jonges asook die wat jonk van gees is wat besig is om verhoudings te bou en nie alles af te breek en af te kraak omdat hulle nie verstaan wat die doel van die lewe is nie. Ek is verheug om te sien dat jy soveel positiewe reaksie gekry het. Hou jou kop hoog en moet jou nie steur aan die verstokte ou dwepers.

SkarrelKind ·

Dankie Dawie.
Ek moes lag, my ma gebruik die word “verstokte” graag, op dieselfde wyse, nes jy.

Johannes Cilliers ·

Dit sou interessant wees om te weet wat die motief vir die plasing van die skrywe in die eerte plek was. Die reaksies wat dit sou trek, kon tog feitlik presies voorspel word. Sou dit net wees om bloot uitdagend aweregs te wees, simpatie te soek, geesgenote te vind of sou sy uitgesluit voel ?

SkarrelKind ·

Johannes Cilliers – die skrywe is wat die skrywe is – Is ek nog regtig ‘n Afrikaner? Geen ander motief nie en ek het nie soos jy, vooraf presies en feitlik voorspel wat die uitslag sal wees nie.
Ek verbaas my effe oor die simpatie deel – Ek is wie ek is. Ek vra nie omverskoning daarvoor of verwag goedkeuring of aanvaarding nie – ek sê weer – gemoedelikheid en om te aanvaar ons is anders, is regtige ‘n positiewe gedagte. Waarom is so baie Afrikaners blind hiervoor? Verdraagsaamheid is goed. Dan nie? Ek wens my volkie was meer verdraagsaam. Dis al. Dis duidelik dat baie van hulle nié is nie.

SkarrelKind ·

Johannnes, my eerste antwoord is verwyder, ek weet nie hoekom nie. Dalk het nie reg deur gegaan “server” toe nie en het ek dit verloor.

Daar is geen ander motief nie. Ek wonder hoekom ons volkie so onverdraagsaam en verstok is. Dis tog duidelik waaroor en waarom ek skryf. Ons kan nie regtig saamstaan of andersheid verdra nie.

As ek simpatie gesoek het sou ek jou ‘n hartseer storie opgedis het van ‘n wit gay vrou en die stryd en ellende om in Afrika aanvaar ter word. Duidelik doen ek dit tog nou nie?

En ek het geensins die uitkom – soos jy – feitlik presies voorspel nie. Ek was opgewonde oor die kommentaar en het gewonder hoeveel houe ek gaan kry en of iemand my punt sal kan insien.

Dis ‘n nuusforum – ek hou van skryf; en ek wonder oor ons klompie Afrikaners en ons voort bestaan en uitkyk.

Jou skrywe klink vir by baie naby aan die tradisionele strooiman argument. Gaan google dit. Hou jou oog op die bal (-;

Jean ·

Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit geloof lewe.
Want die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk, omdat wat van God geken kan word, in hulle openbaar is, want God het dit aan hulle geopenbaar.
Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie; omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God verheerlik of gedank het nie; maar hulle het dwaas geword in hulle oorlegginge, en hulle onverstandige hart is verduister.
Terwyl hulle voorgegee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van ‘n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere.
Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer. hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen.
Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in die wat teen die natuur is; en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle verdwaling ontvang.
En omdat hulle nie dit die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ‘n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie: hulle is vervul met allerhande ongeregtigheid, hoerery, boosheid, hebsug, ondeug; vol nydigheid, moord, twis, bedrog, kwaadaardigheid; nuusdraers, kwaadsprekers, haters van God, geweldenaars, trotsaards, grootpraters, uitvinders van slegte dinge, ongehoorsaam aan die ouers; onverstandig, ontrou, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, onbarmhartig, mense wat al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien die dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen.

— Romeine 1:17-32

Chris Lombard ·

@skarrelkind

My vraag aan jou is: Wil jy n Afrikaner wees?

Jy gebruik rituele as voorbeeld van Afrikanerwees. Braai, Oom en Tannie, sokkie, biltong ens.

Maar tog het jy n “probleem” met die moraliteit van die Afrikaner. Jy wil he “hulle” moet verander en jy kan maar net bly soos jy is. “Hulle” is skynheilig. Jy is perfek. “Hulle” is rassiste. Jy is perfek. “Hulle” is hoereerders. Jy is perfek. En so kan ons aangaan.

Jy aanvaar nie die groep se waardes en normes nie, maar jy wil, (vir sentimentele redes?) nog steeds deel van die groep wees.

Ek verstaan dat daar baie mense soos jy is, en dat die Afrikaner baie subgroepe het, waarvan baie hulle geloof verloor het.

Die probleem is dat jy nie vir “hulle” geskryf het nie. Jy het vir die gelowiges geskryf.

Ek beklemntoon maar net eintlik wat jy self reeds weet. Jy wil nie verander nie, jy wil he “ons” moet verander.

Die tweede vraag is: Hoekom wil jy he ons moet saamstaan? Teen wie? Broederskap en gemeenskap beteken net iets as die deelnemers daaraan in dieselfde goed glo, nie waar nie.

SkarrelKind ·

Chris, kom nou asseblief.

Dis tog duidelik dat ek ‘n Afrikaner wil wees. Jy wil my net nie regtig verwelkom nie omdat ek nie ‘n Afrikaners is soos wat jou Afrikaner WETBOEK verwag nie.

Die res van jou skrywe, soos byvoorbeeld dat ek wil hê “julle” moet verander, is bog. Wat omtrent AANVAARDING verstaan jy nie? Aanvaarding en verandering is twee verskillende goed. Hoe moet ek verander? Vir my ‘n man soek en ‘n Bybel koop omdat die Afrikaner wetboek so sê. Dis twak.

Jy kan glo en doen en maak soos jy wil – waarom snedig wees oor ek anders daaroor voel/anders doen/anders glo? Ek bly ‘n Afrikaner en ek weet jy bly ook een – of jy kerk toe gaan of nie. Dis hoe ek dit sien.

Afrikaner moraliteit kan vrek skynheilig wees. Ek en jy weet dit. In die 70’s moes jy tog net nie ‘n swart meisie gehad nie – dis sonde. Volgens “jou” Afrikaner moralitieit – nou is daar niks fout nie nê? Het jou Bybel verander Chris? Of het ons Afrikaners die moralitieit net lekker aangepas?

Ek skryf nie vir gelowiges of ongelowiges nie- maar ongelukkig is baie gelowige mense onverdraagsaam – soos jy byvoorbeeld.

Ek is nie gelowig nie – en dit maak nie vir my saak wat jy is nie. Ek en jy is Afrikaners – ons voorsate het van Europa gekom en hier kom nesskop en tot ‘n groot mate suskes behaal. Dis waarom ons moet saamstaan. Teen niks spesifieks nie Chris, maar ons is net ‘n handjie vol in die land en ons het mekaar nodig.

Wees dapper man, en sê vir my pront uit: Nee, as jy nie ‘n Christen is nie kan jy nie ‘n Afrikaner wees nie. En dit is maar een voorbeeld. Jy bly rond trippel om die gedagte maar jy kom nie so vêr om dit te sê nie.

Etienne ·

Ag Geskarrel, niemand het gese jy is nie ‘n Afrikaner nie, jy het dit eintlik self gese dat jy nie die “Afrikaner-visie en – mentaliteit” het nie. So jy se self jy dink nie soos ‘n Afrikaner nie. En as dit beteken dat Afrikaners gewoonlik in ‘n gereformeerde paradigma dink en jy se jy deel nie daardie geloof en mentaliteit nie, dan ja, jy is nie tradisionele Afrikaner nie. Dalk ‘n sub-kultuur van Afrikanerskap, maar beslis nie tradisioneel nie.

Dee ·

Haai Skarrel, ek weet nie waarom ek jou aanhou lees het wanneer ons soveel verskil nie. Die waarheid egter, is dat jy as mens my interesseer. Jy’s glad met die bek, verdedig jouself en jou leefwyse sonder om aanvallend te wees en jy doen dit in pragtige Afrikaans. Soos reeds gesê het ons meer teenstrydighede as ooreenkomste in sienings maar ek sal tòg daarvan hou om saam met jou ‘n vleisie te braai by ‘n kampvuur. Gaan jou wel.

SkarrelKind ·

Dee, dankie vir die gawe woorde. Ek het voorheen vir jou dankie gesê, en ook na Pieta verwys wat so ombeskof teenoor jou was. Ek dink dis is verwyder (Pieta s’n). Ek wil ook meer Afrikaners soos jy ken. Dankie. En lekker dag.

Stefan Malan ·

SkarrelKind, met 69 somers en winters reeds agter die blad, wens ek jou geluk met ‘n uitstekende uiteensetting van waarom jy jou nie meer met die Afrikanervisie en -sieninge kan assosieer nie. Ek deel jou sentimente 100% en jy verwoord ook my gevoel.

Ek wil ook nie meer die etiket van ‘Afrikaner’ om my nek hang of selfs daarvoor veg nie: my rasionele begrip laat my besef dat as ‘n gebore en getoë Afrikaanssprekende burger van die suidelike deel van Afrika, ek ‘n Suid-Afrikaner is wat vrywillig in ‘n diverse multi-kulturele samelewing leef en waarin daardie dele van my kultuur waarmee ek groot en oud geword het en waarmee ek my nog kan assosieer, nie beter of verhewe bo enige ander kultuur is nie, maar omgekeerd, ook nie benede ‘n ander kultuur is nie. En, saam met vele ander Suid-Afrikaners van alle kulture, deel ek ernstige kommer oor die politieke en ekonomiese welstand van ons land; nie meer vir myself nie, maar vir my kleinkinders en latere agterkleinkinders en, en.

Die begrippe ‘sekulêr’ en ‘humanisme’ is natuurlik vloekwoorde vir gelowiges, veral in die konteks van ‘n wêreldbeskouing waar egte menswaardigheid en agting, verantwoordelike individuele vryhede en keuses, asook rasionele denke, van groter belang as moreel-sedelike godsdienstige dogma geag word. En so terloops, die verhewe morele kodes waarop Christene hulle graag beroep, is nié uniek aan hulle geloof nie. Dit is doodgewoon universele waardes vir goeie samelewingsordes wat reeds eeue vóór die ontstaan van, byvoorbeeld, die Christelike geloof bestaan het en wat eenvoudig uit ou ‘heidense’ gelowe oorgeneem is. Gaan lees gerus maar na oor die Kodes van Hammurabi en die geloofsieninge in die ou Oosterse, Griekse en Persiese gelowe.

Benewens taal en die beheptheid met velkleur, is godsdiens, en dan in besonder die Christelike godsdiens, een van die hoekstene vir sekerlik die meerderheid persone wat hulle graag met die identiteit van ‘Afrikaner’ assosieer. Ironies genoeg is dit juis godsdiens (van alle soorte) wat oor alle eeue heen en die hele wêreld oor, die grootste verdelende faktor in en vernietiging van samelewingordes en -kulture was.

Die menslike onverdraagsaamheid wat deur godsdienstige dogma meegebring word, strek véél wyer as, maar is tiperend van, byvoorbeeld, die vernietigende kruistogte van ouds waar miljoene sogenaamde ‘heidene’ en andersdenkendes op die wreedste moontlike wyses deur Christene in die naam van hulle geloof doodgemaak is. Die Protestante vs Katolieke konflik in Ierland is ook nog vars in die geheue; en nou die Islamitiese staat se fundamentalistiese strewe na wêreldwye oorheersing deur Islam – en moet tog nie van die onderlinge moord en doodslag tussen die Sunni en Shi’ite faksies binne Islam vergeet nie.

SkarrelKind, ek noem die voorgaande oor godsdiens, om aan te sluit by jou opmerking oor die wyse waarop ‘Afrikaners’ (hoofsaaklik dan Christene en waarskynlik die meer fundamentaliste) ander mense so maklik en gerieflik negatief oordeel, asook oor hoe hulle met oogklappe aan kan vasklou aan iets en nie verder daaroor wil dink nie: net soos die politieke apartheidsbedeling en die meegaande politieke apartheidsdogma van die vorige regering (‘n beleid wat ek aanvanklik ook deur indoktrinasie onbevraagtekenend vir ‘n lang tyd as die heilige waarheid geglo en ondersteun het), waar sommige teenstanders en andersdenkendes deur wetgewing in tronke gegooi, sommige gemartel en onregmatig selfs vermoor is. Andersdenkende predikante en akademici binne die kerk is gemarginaliseer of uitgeskuif. Dit was ‘n indoktrinerende politieke dogma wat selfs hande-opleggend bybelgefundeerd geregverdig was en waar vanaf preekstoele seën vir die regeerders van die land afgepleit was en ook ‘n dogma waarvoor duisende jong lewens aan die grense van hierdie land geoffer is.

En ja, SkarrelKind, ek is dit ook met jou eens dat ons afstand móét doen van dít wat ons reeds verdeelde nasie verder verdeel – en kom ons begin by dít wat oor alle eeue heen ‘n primêre verdelende faktor is: godsdiens. En laat die Christene my maar stenig. Saam met Voltaire sal ek dit uitskree: ‘The truths of religion are never so well understood as by those who have lost the power of reason.’

Genadiglik is daar positiewe tekens dat ons jonger generasie Suid-Afrikaners hulle ‘power of reason’ inspan om verby eng en fundamentalistiese ‘Afrikanerskap’ en geloofsdogma te kyk en om egte menswaardigheid en agting vir andere en verantwoordbare individuele vryheid en keuses, ‘n deel van hulle leefwêreld as verantwoordelike Suid-Afrikaners te maak.

Ek wens ek kon vir jóú ‘n bos blomme koop SkarrelKind.

Gerhardt ·

Ek stem dat ons kan doen met bietjie meer “leef en laat leef” en ook die goue reël. so sal jy my gun as ek stel dat ek ‘n Afrikaner is en altyd wil wees?

SkarrelKind ·

Stefan Malan – jy het dit mooier gesê as ek wat ooit kan droom om te doen. Jy is die voorbeeld van die Afrikaner wat ek graag wil wees. Baie dankie vir jou skrywe. As jy in Kaapstad gebly het, sou jy iemand gewees het by wie ek af en toe na werk gestop het vir ‘n whisky (-: Mooi gaan.
Gerhardt jy is een – met bietjie meer grys as die verstokte Afrikaners wat dink net hulle pad is die regte pad.

SkarrelKind ·

Stefan, google die pdf “About the Holy Bible” deur Robert Ingersoll. Dis gratis. As jy dit nog nie gelees het nie, sal jy dit geniet. Maar ek dink jy ‘n man soos u het dit reeds gelees (-;

Pieter Burger ·

Weereens wys die kommentare net wat die skrywer probeer sê het. Ek is ‘n Christen en dalk die tradisionele Afrikaner, maar as dít my enige iets geleer het, veral my geloof is dat ons nie mag oordeel nie. Dit is eintlik so ironies, dat baie van die kommentare wat die skrywer oordeel ook Bybel verse gebruik om hul sogenaamde argumente te staaf. Ek kan uit persoonlike ervaring praat dat ek al homoseksuele persone ontmoet het wat meer doen vir Afrikaans en Afrikaners as party brandewyn drinkende “Boere” rondom ‘n braaivleis vuur wie nie ‘n vinger sal vir Afrikaans by Stellenbosch of Potchefstroom nie.

Weereens, ek is ‘n tradisionele Afrikaner, maar ek is eerstens ‘n Christen, en dit leer my weer dat ek nie mag oordeel nie en dat ek die kinders van God moet aanvaar ongeag hul skakerings. Mensdom het die aaklige gewoonte om te bepaal wat God en geloof vir ons moet wees, en dink nie altyd eerder daaraan wat ons vir God moet wees nie.

SkarrelKind ·

Pieter – as alle Christene soos jy was, was alles makliker, regtig waar, vir ons almal in die land. Baie dankie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.