Piet le Roux Geskryf deur Piet le Roux
Piet le Roux is redakteur van Die Groot Debat en 'n senior navorser: ekonomie by die Solidariteit Navorsingsinstituut.

Een Kommentaar

  1. Herman Toerien
    Herman Toerien
    6 Januarie 2012 om 12:25 | | Antwoord

    ‘n Paar mense het ‘n paar jaar gelede die mode nagevolg om “as Afrikaners te bedank.” Ironies het baie Afrikaners hierdie mense waarskynlik in die eerste plek nie nas tipiese Afrikaners beskou nie – in elk geval nie tipies genoeg om as Afrikaners te “kwalifiseer” nie.
    Jare gelede het my pa sy kroos op ‘n Duitse tydskrif ingeteken, ter wille van die skoolduits. Ek onthou goed ‘n advertensie van ‘n swart man wat ‘n sekere soort sopie wegslaan. Onderaan staan: “Ek drink Jägermeister omdat ek ‘n egter Duitser wil wees.” Dié advertensie het kort voor lank in die stof gebyt – dalk te veel klagtes dat dit politiek-inkorrek was.
    Volksidentiteit is nie so maklik om vas te vang nie. ‘n Paar jaar gelede is die eerste volledige Bybelvertaling in Brabants gedoen, en hoewel nader aan Nederlands as Friesies, tog baie verskillend.
    Hoe maklik ‘n minderheid in ‘n meerderheid se identiteit opgaan hang waarskynlik grootliks van die kulturele verwantheid af. Die inwoners van Brabant het meer vernederlands en vervlaams as wat die Wale byvoorbeeld vervlaams het.
    Die Lappe sal waarskynlik makliker met die Fine assimileer as met die Nore en Swede.

Lewer Kommentaar