Christelike vakansiedae

Gesprekke word tans gevoer oor die behoud al dan nie van Christelike publieke vakansiedae. Net twee dae is eintlik ter sprake: Goeie Vrydag en Kersdag. Hemelvaartdag is immers ‘n hele paar jaar gelede reeds van die kalender geskrap.

Daar is ‘n aantal punte wat ‘n mens in oorweging behoort te neem:

Eerstens is daar ‘n sterk argument uit te maak dat Suid-Afrika te veel publieke vakansiedae het. Veral ná 1994 het daar ‘n hele aantal polities-verwante vakansiedae bygekom soos Vryheidsdag, Jeugdag ea. Aan die ander kant het sommige uit ‘n vorige era weer verdwyn, bv. Republiekdag en Stigtingsdag (6 April).

Dan moet daar sekerlik in gedagte gehou word dat die oorweldigende meerderheid van SA se inwoners (84.6% volgens die 2001 sensus) Christene is, terwyl nie een van die ander godsdiensgroepe meer as 2% van die bevolking verteenwoordig nie – met as moontlike uitsondering die Afrika Tradisionele Godsdienste. Daar kan geredeneer word dat in geen land waar een van die ander godsdiensgroepe so ‘n meerderheid het, daar enige oorweging geskenk sal word om hulle godsdiens-spesifieke vakansiedae te skrap of Christelike publieke vakansiedae by te voeg nie.

Indien ‘n mens egter so ‘n benadering sou volg, beweeg jy na dieselfde vlak van godsdienstige dominansie en -onverdraagsaamheid. Ons het immers ‘n konstitusie wat volkome godsdiensvryheid en –gelykheid waarborg. Dis opvallend dat selfs in post-Christelike Wes-Europa ‘n hele aantal lande steeds die Christelike vakansiedae behou het – selfs Hemelvaartdag.

Feit is dat die twee huidige godsdienstige vakansiedae vir die meeste Suid-Afrikaners bloot ‘n welkome langnaweek en verlengde vakansie impliseer. ‘n Minderheid Christene trek op dié dae in plekke van aanbidding saam.

Veral Kersfees is totaal gekaap deur die besigheidswêreld. Godsdienstige simbole en –slagspreuke word skaamteloos misbruik om die vorige jaar se rekordverkope hierdie jaar te verbeter. Kersfees is los voor, maar Paasnaweek word toenemend gekommersialiseer. Wat die regering uiteindelik sal besluit, sal geen verskil maak aan die betekenis van hierdie dae vir Christene nie. Dis nie die erkenning as publieke vakansiedag wat die dae spesiale betekenis gee nie. Die vroeë Christene het geen konstitusionele erkenning of beskerming geniet nie. Geen van hule heilige dae is deur die staat erken nie. Sondae moes hulle douvoordag hulle aanbiddings-byeenkomste hou sodat hulle werk toe kon gaan.

In ons eie geledere het ons ‘n soortgelyke tendens beleef nadat Hemelvaartdag ‘n aantal jare gelede as publieke vakansiedag in die slag gebly het. Sedertdien is daar meer gemeentes wat spesiale dienste op die dag reël en gelowiges wat dit bywoon – óf vroeg in die oggend óf in die aand – as wat die geval was toe dit nog ‘n vakansiedag was.

Wat sou die regering in gedagte moet hou nou dat hierdie kwessie op die tafel is? Eerstens – watter boodskap sal so ‘n besluit uitstuur aan die Christene in die land, van wie die oorgrote meerderheid swart is? Dit is veral die swart Christene wat hierdie dae (veral Paasnaweek) met groot entoesiasme vier. Tussen twee en drie miljoen Sioniste vergader jaarliks Paasnaweek op Moria, anderkant Polokwane. Dit was nog altyd vir politieke leiers ‘n eersteprys om daar te kan verskyn. Waar sal hulle immers aan so ‘n massa mense op een slag blootstelling kry tydens enige politieke kampanje? Wat sal die reaksie van hierdie mense wees indien hulle heilige naweek kortgeknip word?

Die regering kan inderdaad onder druk kom indien ander godsdiensgroepe op grond van hulle konstitusionele gelykheid aandring dat hulle heilige dae ook as publieke vakansiedae erken word. Dit mag dan dalk vir die regering ‘n uitweg wees om geen godsdienstige vakansiedae meer te erken nie.

Terwyl baie dalk hierop negatief sal reageer – (vir baie omdat hulle minder ekstra vakansiedae sal hê) – kan daar egter in so ‘n geval dalk ‘n algemene reëling wees dat werkgewers versoek word om gelowiges (van watter godsdiens ookal) toe te laat om bona fide godsdienstige byeenkomste sonder enige benadeling by te woon.

Natuurlik sal dit vir die meeste van ons die eerste prys wees indien die status quo gehandhaaf word.

5 Kommentare

  1. marcia Jantjes 22 Junie 2012 om 10:31 |

    I Agree fully. If they cancel Christmas of the calander then we christians should also get it off like the other believes. That will only be fair. But most of us are christians and who will run the work place then.

  2. Pol Vigoureux 22 Junie 2012 om 10:34 |

    Isak is correct in zijn beschrijving. Een dag ,belangrijk genoeg om te herdenken, of het religieus of van volkse aard is, moet in gemeenschap kunnen veruiterlijkt worden. Iedere mens moet over de vrijheid kunnen beschikken om daaraan te kunnen deelnemen. In Vlaanderen, voorlopig nog in België, zijn hiervoor 10 vrije dagen voorzien met behoud van loon voor arbeiders en bedienden. Deze worden vooral gebruikt om klusjes uit te voeren of om met vacantie te gaan. Komt de feestdag of herdenkingsdag op een zondag dan wordt er de dag nadien niet gewerkt met behoud van loon. Dat bevestigt de visie van Isak. Men kan werkliui en bedienden beter de vrijheid geven om een dag onbetaald verlof te nemen om hun herdenking te houden of hun feest te vieren.
    Pol Vigoureux

  3. hein zentgraf 23 Junie 2012 om 22:12 |

    hierdie twee ‘hoof vakansiedae’ is eerstens misleidend. enige regdenkende, opgevoede en belse persoon sal weet dat ons verlosser nie op 25 desember gebore is nie en dat die eitnlik ‘n heidense instelling is.

    tweedens gaan dieselfde persone, indien hulle bereid is om navorsing te doen, agterkom dat ons messias nie op ‘n vrydag ‘gekruisig’ is nie, omdat 14 nisan van daardie jaar wél op yom revii (woensdag in heidense taal) geval het.

    almal volg steeds die leuen na van klomp roomse, instede daarvan dat julle lees en doen wat openbaring 18:4 sê [afr1953]: en ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sê: gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.

  4. Wouter Brink 25 Junie 2012 om 12:50 |

    Soos ek dit verstaan in die huidige wet staan dit enige weknemer vry om enige van die publieke vakansie dae uit te ruil met enige ander dag in ooreenkoms met die werkgewer. wat sal dan die probleem wees om diens voorwaades aan te pas dat elke weknemer 2 geloofs vakansie dae toestaan per jaar mar nie oordraagbaar en dit mag ook nie ter gelde gemaak word nie. Dit werk dan bloot soos menslikheids verlof. Die voordeel hierin is dat werkgewers nooit hoef te reel vir minimum personeel in kretieke omgewings nie, nooit hoef dubel betalings te maak nie omdat daar altyd ‘n ander geloof is wat kanwerk en ook nooit besighede moet sluit waar dit groot ontwrigting vir die afskakel en her aanskakel verg nie. Verder kan ons dan publieke vekansie dae verminder na 10 of geheel afskaf en ook ‘n verlof inbring soos kulturele/politieke dae kategorie. Elke werker kan dan sy geloofs, kultuur en ander behoeftes self bestuur. Een probleem wat wel mag voorkom is bv. waar sluitings tussen Kersfees en Nuwejaar in die beleid van maatskapye of organisasies die prakteik is.

  5. Willem 20 Julie 2012 om 23:53 |

    Hallo Mnr Burger, Ek soek tans vir kerke in my omgewing. Ek het nou al NG / VG (Vrije nie die ander een nie) / Gereformeerd en dwarsdeur tot by AGS opgesoek… Is u bewus dat julle webwerf die Apostoliese Geloofsending van SA helder groot onder die engels uitbeeld, maar as man daar op druk, gebeur daar absoluut niks nie. Ek druk en druk op ‘n dowe “link”…. As die AGS – Afrikaans en Afrikaners se strewe so min ag, dan gaan geen mens meer welkom daar voel (wat afrikaans praat en ‘n ware afrikaner is nie.) Ek het nog altyd geglo die AGS en soms selfs die PPK het erns ‘n plek vir die bewaring van erfenis, taal en kultuur, maar die webwerf weerspieel ‘n totale uitverkorene engelse gemeensap. Is daar dalk ‘n Afrikaanse weergawe waar ek (so nou en dan kan) oor die AGS kan lees?

    Of is die AGS eintlik net AFM? As ek bid, doen ek dit in afrikaans…. in my loopbaan kry ek min genoeg die geleentheid om dit so te doen, julle sal ‘n plan moet maak as julle (nuwe) afrikaner lidmate wat nie bereid is om hul kultuur af te skryf ter wille van ‘Globalisering’ nie, te wil werf / behou.

Die kommentaar is gesluit.