NC Schoombee, ʼn 27-jarige man van die Bethlehem in die Vrystaat, het onlangs ʼn Facebook-groep begin om boere te help wat gebuk gaan onder die droogte wat tans in Suid-Afrika heers. Die projek is tans besig om skenkings van voer na boere regoor die land te versprei en word ondersteun deur landbou-organisasies soos die Rooivleisprodusente-organisasie, Agri Wes-Kaap en Suidwes Koöperasies.
Esté Meyer Jansen het met ʼn vrywilliger van die Boere in Nood-projek, Cobus Venter, NC en Carla Oberholzer hieroor gesels. NC verduidelik ook hoe luisteraars boere kan bystaan in die tyd van nood.
- Lesers wat die Boere in Noord-projek wil ondersteun, kan by die projek se Facebook-groep vir meer inligting aansluit.
Ek verneem water Hyacinthe is Bowie voedi g in krisistye. Nie aanbveel as enigste kos nie maar het goeie voginhoud en kan dien as byvoeding in krisistye.