ʼn Loopbaan in gasvryheid sluit ʼn wêreld oop

Leerlinge aan The Private Hotel School. Foto: Verskaf.

Leerlinge aan The Private Hotel School. Foto: Verskaf.

Vir gr. 12-leerlinge wat dit oorweeg om in die gasvryheidbedryf te gaan studeer, wag ʼn blink toekoms, sê Erica Theron, akademiese bestuurder van The Private Hotel School in Stellenbosch.

Theron sê die bedryf is toenemend op soek na mense wat ʼn goeie opleiding het en ten volle gekwalifiseerd is. Dit staan in skrille kontras met vroeër jare toe dit redelik maklik was om ʼn pos in dié bedryf te kry.

“Daar is ʼn besliste neiging dat hotel- en restauranteienaars slegs gekwalifiseerde mense in diens wil neem. Die bedryf is groot en brei daagliks uit. Daar is dus volop geleenthede,” sê sy.

Volgens Theron kry soveel as 98% studente werk terwyl hulle studeer of direk ná hulle studie. Sy sê ʼn groot rede hiervoor is internskappe. “Internskappe is uiters waardevolle geleenthede vir studente. ʼn Student wat die teoretiese opleiding het, maar ook die praktyk ken en dit verstaan, is van groot waarde.”

Theron sê dat leerlinge wat in dié rigting wil spesialiseer reeds op hoërskool moet probeer om blootstelling aan die praktyk te kry of ʼn CV te bou. “Ervaring is vir enige werkgewer van onskatbare waarde. Dit verhoog ook jou aanstelbaarheid. Vroeë blootstelling gee ʼn mens  die geleentheid om onder toesig saam met ʼn mentor te werk wat jou ook leiding gaan gee.”

As jy in dié rigting wil gaan studeer, kan jy ʼn rusjaar neem sonder om bang te wees dat jou loopbaan negatief daardeur beïnvloed gaan word. “Jy kan regoor die wêreld in dié bedryf werk. Oral waar jy reis is daar restaurante of hotelle. Dis alles deel van ervaring wat in hulle guns sal tel.”

Hoewel die bedryf uitdagend is, beloof dit heelwat voordele vir iemand wat getrou en hardwerkend is. “Iemand met die regte gesindheid se pad is oop in dié bedryf. Hy of sy het die wêreld om van te kies en kan op enige plek gaan werk.”

Bel Erica by 021 881 3792 vir studie- of loopbaangeleenthede by The Private Hotel School. Besoek ook hulle webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johan 2 ·

Dit is oulik maar gaan werk eers in n restaurant kombuis v n paar maande voor jy geld uithaal om as kok te studeer. Verder gaan die nuwe reis regulasies ons nog lank seermaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.