Silwerkroon 2015: Bly SA se topbejaarde in Polokwane?


Erik-Bekker

Erik Bekker. Foto: Verskaf.

ʼn Bejaarde is lankal nie meer iemand wat iewers op ʼn stoep sit en uitspan nie. Deesdae is dit 65-plussers wat inspring, moue oprol en ʼn verskil maak in hulle gemeenskap. Dit is hierdie bejaardes wat Helpende Hand met hulle jaarlikse Silwerkroonkompetisie erken en beloon vir hul uitsonderlike passie vir hulle medemens. Een van vanjaar se top 6 Silwerkroon-finaliste is Erik Bekker (74) van Polokwane in Limpopo.

Esté Meyer Jansen het met hom gesels om uit te vind by watter soort liefdadigheidsprojekte hy betrokke is, wat hom motiveer en hoekom ʼn mens by jou gemeenskap betrokke moet raak.

  • Erik Bekker is een van die top 6 Silwerkroon-finaliste – jy kan vir hom stem deur “Kroon 4” te SMS na 38969. SMS’e kos R10 en die opbrengs sal ten bate van jou gekose finalis se projekte aangewend word. ʼn Lys met inligting oor die finaliste se projekte en prestasies is beskikbaar op silwerkroon.co.za. Die Silwerkroon-wenner sal in September aangekondig word.

Die ander top raakvatters is:

  • Felicity Combrinck (66) van Kroonstad in die Vrystaat;
  • Willie Massyn (66) van Dominionville in Noordwes;
  • Kalvyn Olivier (82) van Sabie in Mpumalanga;
  • Dollie (81) en Gert (83) Smith van Walkerville, suid van Johannesburg; en
  • Mercia Ruthenberg (72) van Brackenfell in Kaapstad.

Kliek hier om na nog onderhoude met vanjaar se Silwerkroon-finaliste te luister.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.