Akademia se sakeplankompetisie vir 2015 is reeds goed op dreef en nou bied dié private hoëronderwysinstelling entrepreneurs en sakemense die geleentheid om hul sakebestuursvaardighede af te stof met ʼn tweedaagse werksessie wat op 27 en 28 Mei aangebied word.
Esté Meyer Jansen het vir Chris du Plessis gevra om meer te vertel oor die sakebestuurswerkswinkels en wat dit vir jou sakeonderneming kan beteken.
- Besprekings vir die sakebestuurswerksessie sluit op Dinsdag 26 Mei om 12:00. Besoek sakeplankompetisie.co.za vir meer inligting oor die werksessie en waar dit aangebied word, asook vir meer inligting oor vanjaar se sakeplankompetisie.