Gedagte vir die dag: Beplan jou toekoms

Argieffoto

Argieffoto

Geseënd is dié wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word. (Matt 5:7)

Wat jy saai, sal jy maai. Baie mense wil graag geld saai en sakke vol maai, maar God se fokus is elders. Sy fokus is om te saai wat reg en Goddelik is. Saai wat vir Hom belangrik is en jy sal God se bediening na jou toe terug maai. ʼn Mens wat barmhartigheid saai, sal nie net barmhartigheid van mense maai nie, maar ryke barmhartigheid en guns van God ontvang.

Is God regtig vir jou ’n werklikheid? Saai dan wat Hy sê! Moenie moeg word om dit te doen nie, want jy sal op die regte tyd oes wat God belowe. So seker as wat God lewe, sal dit gebeur. Die teendeel is eweneens waar. Saai hardvogtigheid en genadeloosheid en jy sal dit in dubbelmaat terug ontvang. Saai wat jy graag sal wil oes. God waarborg dit.

Moenie dwaal nie. God laat nie met Hom spot nie, want nét wat die mens saai, sal hy ook maai. Beplan jou toekoms nou saam met Jesus. Elke besluit en aksie tel!

Bron:
Jesus se woorde vir mans deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.