Gedagte vir die dag: Geen groter voorreg

Blom_Reint_Dykema_14.jpg

Foto: Reint Dykema

Die skape luister na die herder se stem. Hy roep sy skape op hulle name en lei hulle uit. (Joh 10:3)

Is dit nie wonderlik dat die Herder jou naam ken nie! Hy praat nie sommer net in die bondel in nie. Hy praat persoonlik en innig.

Jy is dalk nie vreeslik belangrik vir die mense om jou nie, maar vir Jesus is jy belangrik genoeg om persoonlik te ken. Hy roep jou naam. Hoor jy dit? Luister. Daar sê Hy dit weer!

Die rede hoekom Hy jou op jou naam roep, is om jou te lei na stil waters en groen weivelde. Hy wil jou bedien en versorg. Moenie wegbeur nie. Jy beroof jouself van dit waarna jy die meeste smag. Luister na Hom en volg Hom. Hy is nie net Die Herder nie, maar jóú Herder.

Jesus se kudde is nie ’n organisasie nie, maar ’n verhouding. Jesus organiseer nie gelowiges nie. Hy het met elkeen ’n verhouding en stap met elkeen ’n persoonlike pad. Daar is nie ’n groter voorreg as dit nie!

Bron:
Jesus se woorde vir mans deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.