Gedagte vir die dag: Gehoorsaamheid, vrede en vreugde

boekevat-blydskap-spring-van-vreugde

Foto: blisshabits.com

Die koninkryk van God is nie ’n saak van eet en drink nie, maar van gehoorsaamheid aan God, vrede en vreugde, wat die Heilige Gees ons gee. Laat ons ons dan beywer vir die dinge wat die onderlinge vrede en opbou bevorder. (Rom 14:17, 19)

Lees Romeine 14:13-23

God se koninkryk veronderstel drié dinge, skryf Paulus aan die gemeente in Rome: gehoorsaamheid aan God, vrede en vreugde. Indien jy God só dien, sal jy die guns van God en die agting van mense geniet.

Wanneer die “goeie tyding van groot blydskap” deur die engel aangekondig word, sing die engelekoor van vrede op aarde vir dié mense oor wie God bly is. Ons verkondig hierdie vreugdeboodskap nog elke Kersfees: Die Messias is gebore! God se koninkryk het nabygekom. Jesus maak vir ons steeds vrede met God én vrede met mekaar moontlik. Ons mag, nee, ons móét bly wees hieroor. In Jesus kom God naby aan ons. Maak dit jou doel hier die Kersfees om God te gehoorsaam en sy vrede en vreugde te versprei aan al die mense met wie jy in aanraking kom. Ek wil graag vir jou hierdie Kersfees Paulus se wens aan die gemeente in Kolosse deurgee: “En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe” (Kol. 3:15).

Here Jesus, met u geboorte word vrede en vreugde vir mense kinders moontlik. Help my hierdie Kersfees om aan U gehoorsaam te wees, om bly te wees en om in vrede met ander te leef. Amen

Bron:
ʼn Loflied in die môre deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.